‘n Hond mag moontlik braak omdat hy iets onverteerbaar of onaangenaam geëet het of slegs te veel kos te gulsig verorber het – te veel, te vining.  Maar braking kan ook dui op iets baie meer ernstig – die dier mag ‘n giftige stof ingeneem het of hy mag ly aan ‘n toestand wat onmiddellike mediese aandag verg. Braking kan ook assosieer word met spysvertering en sistemiese versteurings wat slegs deur ‘n veearts evalueer moet word.
Wat mag ‘n skielike of akute episode van braking veroorsaak?
•    Bakteriese infeksie van die spysverteringskanaal
•    Dieet-verwante oorsake (verandering van dieet, kos intoleransie, inname van vullis)
•    Vreemde voorwerpe (bv. speelgoed, bene, stukkies ‘chewies’) in die mspysverteringskanaal
•    Intestinale parasiete
•    Akute nierversaking
•    Akute lewer versaking of galblaas inflammasie
•    Pankreatitis
•    Post-operatiewe naarheid
•    Inname van giftige stowwe
•    Virus (virale) infeksies
•    Sekere medikasies of narkose middels
•    Opblaas (‘bloat’)
•    Hittesteek
•    Karsiek
•    Infekteerde uterus
Braking wat sporadies plaasvind of ongereeld oor ‘n langer tydperk voorkom, kan wees as gevolg van maag- of spysvertering inflammasie, erge hardlywigheid, kanker, nier disfunksie, lewer siekte of sistemiese siekte.   
Wat moet ek doen as my dier dikwels braak?
‘n Ongereelde, geïsoleerde geval van braking hoef nie rede tot kommer te wees nie, maar gereelde of kroniese braking kan ‘n teken wees van ‘n meer ernstige toestand soos kolitis, intestinale obstruksie of Parvo virus.  Indien jou dier se braking nie ‘n geïsoleerde geval is nie, neem hom asseblief dadelik veearts toe vir ‘n volledige ondersoek en diagnostiese toetse.
Watter ander simptome moet ek waarneem?
Die oorsake van braking is so divers dat dit soms moeilik is om ‘n diagnose te maak, so dis belangrik dat jy jou veearts van soveel moontlik inligting voorsien en ook aandui indien ander tekens teenwoordig is.   
Waarvoor om op die uitkyk te wees:
•    Frekwensie van braking.  Indien jou dier een keer braak en voortgaan om gereeld normaalweg te eet en ‘n normale stoelgang het, was die braking moontlik ‘n geïsoleerde geval.
•    Diaree
•    Dehidrasie (ontwatering)
•    Lusteloosheid
•    Bloed in braking
•    Gewigsverlies
•    Verandering in aptyt
•    Vermeerdering of vermindering van dorstigheid of urinering
Wanneer is dit tyd om jou veearts te besoek?
Sien asseblief onmiddellik jou veearts indien jy enige van die tekens hierbo genoem, waarneem, of indien jou dier meer as een keer gedurende die dag braak, of indien braking langer as een dag voorkom.
Hoe sal my veearts bepaal wat die braking veroorsaak?
Afhangende van jou troeteldier se ouderdom, mediese geskiedenis, bevinding van fisiese ondersoek en jou dier se spesifieke simptome, mag jou veearts besluit om verskeie diagnostiese toetse te doen (bloedwerk, radiografie, ultraklank, ondersoek van uitskeiding, endoskopie, biopsie of selfs  verkennende/ondersoekende sjirurgie) om ‘n diagnose te kan maak.
Wat is sommige van die behandeling opsies?
Jy kan jou hond soos ‘n baba behandel, soos met ‘n siek kind, en gee hom ‘tuisgemaakte kos’ soos gekookte aartappels, rys en deeglik gekookte hoender sonder vel.  In sekere situasies mag jou hond vloeibare terapie benodig, antibiotika, ‘n verandering van dieet, ‘antiemetics’ (medikasie om braking te beheer) of ander medikasie.  Die veiligste is om jou veearts se instruksies wat betref toepaslike behandeling, noukeurig te volg.  
Pierre van Niekerk © 2015