Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Bakteriese vel Siektes

Myte is hoofsaaklik ‘n immuungebreksindroom.  Dit beteken ‘n immuunstelsel wat nie ten volle funskioneer nie.  Dit kan wees dat die dier nie voldoende sink inname het wat dermabsorpsie van belangrike minerale en vitamiene bevorder nie.  Kan wees as gevolg van kosse wat nie opgeneem word en/of vir die dier verteerbaar is nie.

Honde met velkondisies, veral rasse met atopie en sensitiwiteit of hipersensitiwiteit (dermatitis) wat reageer teenoor droë kosse se kleur-, geur- en preserveermiddels, meelprodukte of gluten in droë hondekosse, asook produkte van die Natuur soos gras, sade en blomme is veral vatbaar vir oorkanaal infeksies.

Honde met primêre en sekondêre seborrhea het gewoonlik n geel olierige vloeistof wat ‘n uitstekende medium is vir bakteriese opbou.  Faktore wat hiertoe bydra is die kruiskontaminering van materiaal waarmee ore skoongemaak word, soos oorpluisies en watte wat oor en weer gebruik word.  Water wat in ore kom wanneer daar geswem word of hul met seep gebad word en mense wat “grooming” doen en met ongesteriliseerde instrumente werk om hare te sny en te knip.

Honde en katte is hoofsaaklik vleisvreters.  Hul hanteer gluten in meelprodukte nie baie goed nie en hul sisteme is nie bedoel om mielies en meel te verteer nie en vele diere se liggame reageer heftig daarteen.

Animal Shake en Animal Probiotic, asook ander minerale en vitamien aanvullings, sal baie doen vir diere se velle.  Sorg ook dat die dier ‘n kaiing of twee per dag inkry om vetoplosbare vitamiene wat in die liggaamsvet gestoor word, te ondersteun, veral by maer diere.

Behandeling van myte op die pels

Was die hond met ‘n natuurlike bosluismiddel soos “Propyrepet” sjampoe wat ‘n baie mens- en diervriendelike natuurlike insekdoder is wat van plante gemaak word. Dit bevat ‘n natuurlike Piretiene as aktief, wat van Chrysanthemum plantolie gemaak word.
Was die hond skoon en spoel die pels af met flou soutwater (9g/2 gelykvol teelepels gemeng met 1L lou gekookte water) om negatiewe bakterie te beheer.
Dit is belangrik om die Ph balans op die vel te herstel en ook terselfdertyd die vel te voed.
Olyfolie blyk baie suksesvol te wees en dit blyk dat dit hoogs effektief is om die vel te voed en ook die lywe van myte penetreer. Dit blyk (ongetoets) dat olyfolie die asemhalingstelsel van myte (ook kopluise) voldoende penetreer en die waslagie op die skelet en longe ontwrig en dus meebring dat hul moontlik versmoor weens die versteuring/versagting van die waslagie wat dit beskerm om te kan asemhaal.
Smeer die volgende mengsel aan die hond twee keer ‘n dag:
     Aqueous en blomswael mengsel vir velkondisies by troeteldiere:
    250ml aqueousroom
    100g blomswael
    1 potjie sinksalf
    100ml olyfolie
    1 klein botteltjie Gentian Violet (slegs nodig vir sonbrand gevalle)
    2 buisies Allergex/Anthisan of soortgelyke room

Meng alles goed deur en sit twee keer ‘n dag op seerplekke of wonde

Tuisbehandeling

 Smeer die hele pels dik met olyfolie. Draai die hond in plastiek “Glad wrap” toe en draai verband om die lyf om suurstof van bakterie en myte af te sny. Nie die dier in die son of hitte versmoor voel of benoud raak nie. Hou die dier in ‘n koel plek met genoegsaam water. Die doel hiervan is om die myte se skelette met die olie te penetreer, die waslagie wat hul asemhalingstelsels teen water beskerm te verswak en op te los.

Die afwesigheid van suurstof versmoor skadelike bakterie en myte in die pels en vel. Olyfolie voed die vel as medium en help behandeling met die rome wat hierna opgesmeer word om die allergente en skade aan die pels uit te skakel.sjampoo

Belangrikste

 Die dier se immuunstelsel moet opgebou word. Pierre-EcoHealth produkte wat op die Pierre@Dieregesondheid blad aanbeveel word, sal baie help met die bevordering van maagmikrobes se verteringsprosesse en noodsaaklike gesondheid van ensieme in die maag.

  •     ‘n Kaiing of twee per dag om oliegebaseerde vitamienes op te neem.
  •     Toets vir proteïen intoleransie
  •     RAW dieet.
  •     Glutenvrye kos waar, asook kos met preserveermiddels en kleurmiddels.
  •     Moenie dat vog in die ore vasgevang word met hare nie en sny by langhaar rasse die ore skoon sodat lug goed kan ventileer.
  •     Verbeter dus die lugvloei in die oorkanaal
  •     Moenie die ore met materiaal kontamineer nie, oorinfeksies en myte is hoogs aansteeklik en moet voorkom word.
.