Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Waarom eet honde mis

Honde eet mis vir klomp redes, maar as groot honde dit eet is dit gewoonlik n onderliggende ensiemtekort wat hul beleef, ook bekend as pankreatitis of dermabsorbsies wat nie baie goed is nie. Die pancreas skei ensieme af wat die die maag met vertering aanhelp.

Die pankreas van honde skei dus ensieme af wat help met die afbreking en absorpsie van kos wat ingeneem word. Baie honde se pankreas afskeiding is onvoldoende en hul vind mis van ander honde as n goeie bron van ensieme om hul met die vertering van hul kis te help

Dit kan ook wees weens onvoldoende ontwurming, of ‘n oor die toonbankmiddel wat net een of twee van die groepe wurmmiddels bevat en op ander groepe wurms geen effek het nie. Dit laat verskeie mineral en vitamientekorte in n hond agter wat hy met die vreet van mis probeer regstel.

As jy hase het sal jy sien dat honde baie graag haasmis eet omdat dit n ryk bron van ensieme is en ook Vit B.

Kry by jou slagter rou vark of beesmilt, pankreas en gee in rou repe vir jou dier. Jy kan dit ook in ‘n wors met longe en lewer met hart en ander organe soos groen pens inmaal en jou honde die beste van gesondheid ooit gee.

Ontwurm jou diere met produkte soos Antezole, Advocate, Triworm, Drontal en Milbemax.
 
deel 2
 
.