Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

WAAROM VET EN KAINGS

WAAROM VET EN KAINGS in die dieët 
Primêre vitamiene word in die Literatuur beskou as Vitamien, A, D, E, K, C en Vitamien B
Kompleks.Van hierdie groepe vitamien is Vitamien A, D, E en K “fat soluble” of vetopneembare
vitamiene, wyl Vitamin C en B Kompleks wateropneembare vitamiene is.
Die vetopneembare vitamiene word in spesiale vetselle gestoor, wat “lipocytes” of liposiete genoem
word, wyl wateropneembare vitamiene nie in die liggaam, behalwe baie klein hoeveelhede gestoor
word.
Vetopneembare kan toksies raak met ‘n oormaat inname van hierdie vitamiene. Kan selfs toksies
wees vir diere as die liggaam dit in oormaat moet stoor. Wateroplosbare word deur die uriene
uitgeskei en daar is geen bewys in die Literatuur dat wateroplosbare vitamien enige dier ooit skade
aangerig het nie.
Beide hierdie vitamienes is uiters noodsaaklik vir mens en dier. Diere wat nie die nodige vet inneem
wat gunstig in die liggaam as natuurlik ontvang word nie, kan dus nie noodsaaklike opnames maak
van Vit A, D, E en K nie.
‘n Tekort aan sink sal ook veroorsaak dat voedsel nie absorbeer word nie en nie in die liggaam se
strukture opgeneem word nie. Ook veroorsaak dat die dier weens sy onvermoë (‘n tekort aan vet) nie
die nodige vetoplosbare Vitamiene stoor en opneem en tydig gebruik nie. Dit beteken ‘n gedurige
honger dier wat se immuunsiteem hiermee onder druk geplaas word.
Laastens, geen droë hondekos is volledig nie. Dit is n foefie. Bestudeer die behoeftes van jou dier se
verteringstelsels en die ensieme en bakterie in die maag en wat ‘n dier in werklikheid is. Nie n
verfynde mens nie, maar in wese steeds n aasdier wat heel eerste as hul kan, hul prooi se organe
heel eerste sal eet, soos die milt, lewer, longe en maag, waar al hierdie behoeftes in vasgevang is.
 
 
.