Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

MANGO WURMS


“Mango wurms” onstaan van die tumbuvlieg (in die volksmond bekend as die mangovlieg) en die wetenskaplike naam is Cordylobia anthropohaga. Die vroulike vlieg lê haar eiers óf op droë sand wat met urine en ontlasting besmet is óf op babadoeke of klere/materiaal wat nie behoorlik gewas is nie (baie lief vir katoen). Die vlieg kan ook eiers op die vel lê en die maaiers beweeg dan onder die vel in.
           
Die eiers word in die skaduwee gelê, die larwes broei binne een tot drie dae uit en begin dan dadelik soek na 'n gasheer. Die larwe grawe vinnig deur die vel met sterk hakies by sy mond en veroorsaak 'n upitseer. Net sy luggaatjies (twee swart kolletjies) is oop sodat hy kan asem kry. Hy teer op weefsel en vervel drie keer, dan klim hy uit, val op die grond en word binne 24 uur 'n papie. 'n Manier om die eiertjies dood te maak, is om al jou wasgoed met 'n warm strykyster te stryk of in 'n tuimeldroër te gooi. Die larwe kan binne minder as twee weke sowat 15mm lank word onder die vel.
Vandat die larwe in die vel begin ontwikkel jeuk dit ontsaglik baie. Dis volop in die laeveld hierdie tyd van die jaar. Jy sal sien jou hond hou daarvan as jy dit uitdruk omdat dit so vreeslik jeuk. Hy sal miskien bietjie tjank as jy te hard druk, maar dis gewoonlik nie nodig nie. Druk agter die knop. Volgens Annetjie Visser het hulle baie daarmee te doen gehad in die Tzaneen area en dit tot op hul beeste gevind.
In Januarie 2015 het hierdie grillerige vlieglarwes wat hul onder die mens se vel tuismaak, 'n hele paar Pretorianers groot laat skrik, volgens A Pienaar van Die Beeld. Die baie reën en warm weer het veroorsaak dat heelwat meer mense as vorige jare by dokters of ongevalle-afdelings van hospitale opgedaag met 'n vreemde uitslag op hul vel, onwetend dat hulle die tumbuvlieg se larwes in hulle saamdra. Prof. Erik Holm, 'n entomoloog, het gesê die vlieg kom algemeen in die Laeveld voor.
In Noordwes was daar teen middel Januarie 2015 minstens 150 gevalle aangemeld. 'n Suster by die Medicross-kliniek in Pretoria-Noord het gesê hulle het in 2015 twee tot vyf mense per week gesien, teenoor geen gevalle die vorige jaar. 'n Baba moes teater toe sodat die larwes onder narkose verwyder kon word. "Dit het gelyk soos waterpokkies. Die lyfie was oortrek daarvan," het die suster gesê. Nog 'n suster van die Medicross-kliniek in Gezina het gesê hulle het drie gevalle gehad teenoor net een die hele vorige jaar. "By twee pasiënte het ons twee vettes uitgehaal en by die derde 'n klomp klein larwetjies, so kopspeld-grootte." Daar was ook gevalle in die ooste van Pretoria, onder meer in Garsfontein en Faerie Glen.

              
Dr. Roelof Loxton, 'n mikrobioloog van die Lancet-laboratorium in Pretoria, het gesê hulle het minstens agt oproepe binne 2 maande ontvang, onder meer van dokters wat wil weet hoe om die pasiënte te behandel.
"Die vlieg lê sy eiertjies op die wasgoedlyn en hulle broei uit weens die mens of dier se liggaamshitte. Dit is nie gevaarlik nie en beslis nie omdat mense 'vuil' lewe nie." Volgens Loxton was daar meer gevalle in 2015 as vorige jare. 'n Manier om die eiertjies dood te maak, is om die wasgoed met 'n warm strykyster te stryk of in 'n tuimeldroër te gooi. Die larwe kan binne minder as twee weke sowat 15mm lank word onder jou vel.
 
Raak só ontslae daarvan:
•    'n Manier om die eiertjies dood te maak, is om die wasgoed met 'n warm strykyster te stryk of in 'n tuimeldroër te gooi. Die larwe kan binne minder as twee weke sowat 15mm lank word onder jou vel.
•    Die pitseer kan behandel word met vloeibare medisinale paraffien. Deur dit daaroor te smeer, moet die larwe uitkruip vir asem en sal jy dit kan uitdruk. Olyfolie of Vaseline kan ook gebruik word om die larwe te forseer om uit te kom.
Pierre van Niekerk © 2016
 
 
.