Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Melkkoors

Honde, veral die klein rasse, kan maklik melkkoors kry nadat hulle 'n werpsel gehad het. Die toestand kan binne ure noodlottig wees en moet dus altyd as 'n noodgeval beskou word. Melkkoors in honde gebeur wanneer die bloedkalsium skielik daal in lakterende tefies. Veral klein rasse word aangetas en kan dit baie vinnig tot die hond se dood lei as gevolg van die effek op die hartspier. Die tekens kan redelik lig wees en dan het 'n mens kans om behandeling toe te pas. In die meeste gevalle is daar wel tyd om by die veearts uit te kom. Die hond se spiere word aange tas deur die tekort aan kalsium. Die eerste tekens wat gesien word, is spierrillings. Die hond bewe. Daarby jaag die asem en die teef lyk of sy baie warm kry. As geen behandeling toegepas word nie, begin sy stuipe kry. Die liggaamspiere trek krampagtig saam en die teef haal met 'n oop bek vinnig en vlak asem. Die bene word styf en ruk en 'n hoë koors ontwikkel as gevolg van die spiersaamtrekkings. In dié stadium is dit nodig om die teef so gou moontlik by die veearts te kry, al is dit in die middel van die nag. Hy sal die hond binneaars spuit met kalsium en die dramatiese verbetering wat daarop volg, is merkwaardig. Ongelukkig kan selfs die binneaarse toediening van kalsium noodlottig wees en soms verkies die veearts om die middle binnespiers te spuit. Soms is dit nodig om die tefie meer as een keer op agtereenvolgende dae in te spuit. Dit word sterk aanbeveel dat die eienaar die kleintjies dan voer en die teef laat opdroog. U is dus reg om bekommerd te wees en moet die teef goed dophou, veral vir die eerste paar dae nadat die kleintjies gebore is.
NOODBEHANDELING:
* Noodbehandeling kan toegepas word as dit vroegtydig raak gesien word:
1. Warm, harde, rooi tieties
2. Vinnige asemhaling
3. Woef kry baie warm , maar wil haar toemaak
4. Braking
* Noodbehandeling moet so spoedig as moontlik toegepas word , spiere trek binne sekondes styf waar die koors vinnig styg , en dan slegs deur Vet behandel kan word.
1. Sit n waaier direk op lakterende woef
2. Sit ys in n klam, skoon sagte lappie en begin saggies tieties , maag , tussen bene en geslagsdele vryf , pas nog koue toe agter by nek en kop
3. As woef nie vinnig genoeg afkoel , tap n koue bad water in , sit haar versigtig in en maak haar lyfie stadig nat met n sponsie , begin weer by maag gedeelte en beweeg op
4. Moet haar nooit alleen laat binne bad of op n bed , as haar spiere begin styf trek val sy en kan tot verdere beserings lei.
5. Gee vir haar onmiddelik n teelepel Cani - Cal in , dit is n poeier vorm wat maklik saam bietjie maalvleis in n balletjie gevorm kan word om in te gee.
As sy gestabiliseer is moet die volgende gedoen word:
1. As tieties steeds geswel , rooi en warm is moet daar 2 keer n dag koue kompressie toegepas word
2 Gee oggend en aand Cani - Cal in - vir n week , nie langer , dis n kalsium aanvulling wat melk steeds laat produseer
3. As pups steeds aan haar drink moet dit onmiddelik gestaak word en hul moet met hand groot gemaak word.
4. Die melk moet so spoedig as moontlik opgeklaar word , hoe langer pups aan teef gaan drink , hoe langer gaan sy melk vervaardig wat weer melkkoors tot gevolg he.
Hoe om melk op te klaar
1. Haal haar onmiddelik af van enige puppy pille
2. Sy moet die minimum kos kry vir 2 dae , solank as wat sy kossies kry sal die liggaam dit gebruik en steeds melk produseer.
3. Om haar kos inname te verminder na n handjie vol oggend en aand , sal haar liggaam melk in liggaam as voedsel begin gebruik
4. Moet haar nie melk nie , meer melk word vervaardig , deur bg te doen sal melk self terug trek in liggaam.
5. Beperk vloeistof inname vir 2 dae , gee gereeld net n ysie vir haar wat jy in jou hand vas hou om aan te lek , sy moet steeds vloeistof inkry om nie te ontwater , maar beperk dit omdat vloeistof ook terug trek van melk kan belemmer.
 
 
.