Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Noodhulp


 Pierre@Dieregesondheid Noodhulp vir Troeteldiere

1. ABORSIE - Die inspuiting wat ‘n gedekte teef kan kry om ‘n ongewenste swangerskap te beeïndig is net verkrygbaar deur ‘n veearts.

2. ABSESSE - Groot spuit met ‘n dik steriele “Witnaald” (beskikbaar by ‘mens’ apteek soos Dischem, wat in gevalle van nood (en te ver weg van jou veearts) in die abses ingedruk kan word. Trek terug, dreineer die abses daarmee en los ‘n gat in die abses om verder te kan dreineer. Behandel met soutwater (9g/2 gelykvol teelepels tafelsout gemeng met 1 liter lou gekookte water) en smeer die aqueous room mengsel op.

3. ANGS – kyk onder Skok.

4. ALLERGIEë – kyk onder Kalmeermiddels.

5. BLAASINFEKSIE - kan opgeklaar word deur Sitrussoda (mespunt op eetlepel lou gekookte water 2 keer/dag vir 3 dae) of Norotrim tablette te gee. Laai asseblief die skrywe af oor “Blaas wat lek” en blaasinfeksies en stoor in jou Dieregesondheidsleêr.

6. BLOED in UITSKEIDING - Dien Du Toit’s se staaldruppels (of Turlington) 5 druppels 2 keer/dag (groot honde 10 druppels) deur ‘n spuit met Marmite water in tot enige ‘inwendige’ bloeding gestop is.

7. BRAKING – Valoid pediatriese setpille. Dien toe afhangende van die hond se grootte / gewig. Klein hondjies sowat 1/5de van ‘n setpil, middelslag honde sowat 1/3de van ‘n setpil en groter honde sowat 2/3de van ‘n setpil. By alle ‘mens’ apteke te koop. Smeer Vaseline of KY jellie aan en sit in tot jy die sluitspiere voel saamtrek. BRAKING by Yorkies - Clopamonstroop. Vra jou apteker om jou in die verband advies te gee.

8. DIAREE - kan baie suksesvol behandel word met Norotrim tablette, so nie Kem-O-Dene - 3 druppels op mespunt suiker en eetlepel lou (vooraf gekookte) water.

a) By braking en diaree vind ontwatering en elektrolietwanbalanse altyd plaas.

b) Ondersteunend kan Pectrolyte by apteke verkry word om dehidrasie te voorkom.

c) Gee ook Naartjie Energade (5-10ml, afhangende van die hond se grootte / gewig).

d) Kan afwisselend ook elke 15-20 minute Marmite/Oxo/Bovril water ingee (1 teelepel Marmite/Bovril/Oxo gemeng met 1 koppie lou gekookte water).

e) In nood kan bees of hoender geurblokkies of ekstrak ook opgelos word (1 blokkie opgelos in 2 koppies lou gekookte water).

f) Darrows Solution of Rehydrate

g) Rooibostee swart / sonder suiker met bietjie Protexin in.

h) Plein wit Griekse of Bulgaarse ‘full/double cream’ jogurt kan ook vrylik gegee word.

i) ‘n Eie elektrolietmengsel is 9 gram (2 gelykvol teelepels) tafelsout en 4 teelepels suiker gemeng met 'n liter afgekoelde gekookte water. Gee elke 15 tot 20 minute een van die ‘mengsels’ in.

j) Kan ook elke 20m ‘n vingerlek ‘rou’ heuning in die mond smeer – suiker is giftig vir honde maar in so ‘n geval benodig die maag se mikrobes energie en jy moet verhoed dat die afvalstowwe in die niere/lewer/maag konsentreer en so gou as moontlik uitgeskei word.

k) OM MAAG TE BIND – Vlapoeier of meelblom/Maizena – kwart teelepel op mespunt suiker wat met bietjie lou gekookte water in slap/stywe mengsel aangemaak is (net 10% van dier se massa oor 24 uur). Kook bietjie pampoen in water (sonder sout), maak fyn, roer teelepel Maizena in en voer. Kan ook fyn gekookte hoender en rys bymeng.

l) Sorg altyd dat vars water vir drink beskikbaar is. Voorsien halfgaar hoenderlewer in sagte formaat, klein hoeveelhede en kort-kort.

9. EETLUS te stimuleer – Plein wit Griekse of Bulgaarse ‘full/double cream’ jogurt en Protexin om die mikrobes in die maag te stimuleer sodat die dier honger word. Daar is ook Pro-Kolin en wonderlike navorsing begin te voorskyn kom oor Kolostrum. Nutrostim is ‘n hoë kalorie gel wat uitstekende resultate lewer. Gee ook Blue Liquid.

10. GLASSTUKKE INGESLUK? Neem ‘n sny brood, smeer goed met mayonnaise, neem 4-5 watteballetjies en ‘versprei’ eweredig oor die sny brood – neem ‘n skêr en knip die sny brood/mayo/watte in 1” vierkantjies en voer vir hond – die watte sal haak om enige skerp glasstukkies, die mayonnaise sal dit ‘smeer’ soos dit afgaan en ontlasting aanhelp.

11. GIF NOODBEHANDELING - SPOED KAN JOU DIER SE LEWE RED!
12.1 Belangrikste is om die hond heel eerste te laat braak: 1 teelepel waspoeier opgelos in koppie lou gekookte water en gee met n spuit in. Verhoed dat dit in die longe kom. SORG DAT JY ALTYD ‘n TEELEPEL WASPOEIER REG HET VIR ‘n NOODGEVAL!
12.2. Na braking gee 5-6 geaktiveerde houtskool tablette in (houtskoolpille) wat te koop is by enige ‘mens’ apteek (‘activated charcoal’) om die oorblywende gif te absorbeer. As jy nie het nie, 4 snye witbrood swart verbrand, rol in ‘n ‘pellet’ met lou gekookte water en gee so gou moontlik in!

a. Met 2-Step of ALDICARB vergiftiging: Bogenoemde twee stappe heel eerste – die teenmiddel hiervoor is Atropien en kan slegs deur n veearts toegedien word.

b. Met ROTTEGIF: Bogenoemde twee stappe en daarna Kyrovite - ook bekend as Vitamien K - inspuiting en/of Vitamien K tablette volgens voorskrif – by veearts.

c. Met PADDAS: Volg eerste 2 stappe hierbo – kan dan klein bietjie ‘meat tenderiser’ op tong smeer of pynappelsap gee daarna plein wit Griekse ‘full/double cream’ jogurt en rooibostee swart / sonder suiker.

12. HARDLYWIGHEID - Laxapet / Animalax of APTEKERS parafien (1 teelepel onder 5kg of 1 eetlepel bo 5kg) of gliserien setpil. Kan ook groen koekie Sunlight seep rasper en rol so kwart teelepel op in ‘n ‘pellet’ vir setpil – smeer met Vaseline / KY jellie en sit in anus tot jy die sluitspiere voel saamtrek. Plein wit Griekse / Bulgaarse ‘full/double cream’ jogurt met leksel ‘rou’ heuning help ook.

13. HOES -Leksel Heuning met Knippie Kaneel of 1ml Bisolvin Linctus per 10kg hond.
Kennelcough word baie suksesvol behandel met Doxydog tablette. Laai asb die skrywe af oor Kennel Cough en bêre in jou Dieregesondheidsleêr.

14. KALMEERMIDDELS en ALLERGIEë - Allergex stroop of pille – 1ml/1pil per 10kg, max 4 pille op a slag vir groot honed bo 40kg. Indien die dier ‘n allergiese uitslag het kan Allergex en/of 10mg Phenergan mondelings toegedien word (dosis volgens gewig) en Caladryl Lotion topikaal aangewend word (beide verkrygbaar van die gewone ‘mens’ apteek). Maak pil fyn en smeer aan tandvleise; moenie probeer kamoefleer of ‘verdoesel’ binne-in ‘n stuk vleis nie, dit affekteer die doeltreffendheid daarvan.

15. KATGRIEP of PARVO - Die belangrikste is dat dit ‘n virus is en dat niks ‘n virus doodmaak/vernietig nie. Jou beste bydrae is om te sorg dat die dier nie ontwater nie. Laai die skrywe oor Parvo af en bêre dit in jou Dieregesondheidsleêr. Mondelingse toediening van elektroliete (soos Darrows Solution) en spesifiek naartjie Energade / Powerade asook Marmite water en Norotrim tablette of Cosumix Plus sal baie help om sekondêre infeksies te keer wat die dier weens die lae immuniteit beleef. Versterk dus ook sy immuunstelsel.

16. KOORS – Neem yssakkies, draai toe in handdoek en sit op die magie – maak ook lappie nat met koue water en vee magie en binnekant van lieste daarmee af.

17. MAAGPYN/KRAMPE - Lennon se Jamaıca Gemmer of Kem-O-Dene - 3-5 druppels op ‘n mespunt suiker en eetlepel lou gekookte water – gee met spuit in om die elektroliete in die maag te herstel. MOET ASB NIE Buscopan gee nie – dis ‘mens’ medisyne!

18. MANGELONTSTEKING - Tonsilla volgens voorskrif - by gewone apteek te kry.

19. MYTE in die ORE – Olyfolie, of dan soetolie, Oticleen en dan Otomax is die raad vir myte in die ore. Onthou dat hare in die oorkanaal ook kan veroorsaak dat gis in die ore ontstaan. Verwyder die hare in die oorkanaal. Laai ook die skrywe af oor Oormyte en bêre in jou Dieregesondheidsleêr.

20. NAARHEID - Valoid setpille - gewone pediatriese Valoid by jou apteek te koop, maar in verhouding met gewig! Hoeveelheid - baie klein hondjies net 'n kwart pil; hondjies tot en met 20 kg ‘n halwe pil; meer as 20kg ‘n hele pil. 1ml Aculoid of Clopamon per 10kg hond.

21. ONTSMETTING van huis en erf - F10 ontsmettingsmiddel.
Tuisgemaakte mengsel: 30ml vanilla essens, 1 eetlepel bloekomolie, 1 eetlepel sitronella of naeltjie olie (opsioneel), 3 koppies water. Meng goed. As dit sukkel om te meng, voeg ‘n paar druppels suurlemoen sap of skottelgoedwasser by. Maak maar jou diere toe as jy dit spuit en moenie op hout spuit nie. Pasop vir die oë!

22. ONTWATERING / DEHIDRASIE – Kyk onder Diaree.

23. PYNMIDDELS - is geskeduleerde medisyne en moet net onder toesig van ‘n veearts verkry en toegedien word vir ‘n spesifieke geval / situasie. Dit is skadelike medisyne. Pyn is die natuur se manier om ‘n dier te laat rus en die wond kans te gee om natuurlik te herstel. Word die pyn onderdruk, gee die dier die wond nie kans om natuurlik te genees nie en ontsteek dit net verder. Selfs geskeduleerde Rimadyl het newe effekte en kan net deur ‘n veearts na deeglike ondersoek van die dier vir ‘n spesifieke situasie voorgeskryf word.

24. SEER OË - Vit A aanvullings in die vorm van lewer en/of pille en inspuitings is baie belangrik. Trek rooibosteesakkie in koppie louwarm gekookte water en spons die oë gereeld met die teesakkie en teewater af – gebruik elke keer ‘n nuwe sakkie en moenie vryf nie. Gewone apteker behoort die regte anitibiotiese salf aan jou te kan verskaf by infeksies.

25. SKOK en ANGS - Rescue Remedy, NutriCalm of Calmeze, Allergex en/of 10mg Phenergan - veral by die skiet van klappers en ook vrees om in ‘n voertuig te ry. Vryf ook 3-4 Rescue druppels aan die binnekant van die oorflappe waar jy die aartjies sien. Jy kan nie oordoseer nie.

26. SLANGE – wanneer spoegslange die oog getref het, was met enige veilige vloeistof uit soveel as moontlik – lopende kraan water vir minimum 10min, swart rooibostee - en dien daarna Octin oogdruppels toe soos voorgeskryf. GEEN melk of uriene nie! Slangbyte sal apart behandel word - die heel beste is jou veearts!

27. SPUITE - plastiek spuite van +-30ml waarmee jy vloeistof kan toedien.

28. TANDINFEKSIES by KATTE - kan nierversaking veroorsaak – maak tande skoon deur met koeksoda te vryf.

29. TERMOMETER vir die meet van koors. Koors van honde is dieselfde as die van mense.

30. TOPIKALE WONDE op HONDE en KATTE - F10 salf en ook ROU heuning soos beskikbaar by Dischem of direk van ‘n byeboer (nie dit wat jy in die supermark koop nie) of die aqueous room mengsel verrig wondere.
• Engemycin wondsproei is ‘n baie goeie antibiotika in sproei vorm. Curatex is net by ‘n veearts beskikbaar.

• Avert Bitter kan aangebring word om te keer dat hul die wonde lek.

31. VITAMIEN AANVULLINGS – Promix MultiVitamien & Aminosuur, Blue Liquid, Efazol, Pet tab forte (in tabletvorm) is uitstekende multi-vitamien. Inspuitbare vitamien aanvullings kan ook gebruik word soos Rucenta se Vitamiene B Co inspuiting.

32. VELPROBLEME / DROë VEL – Smeer in met ‘virgin’ olyfolie of ‘coconut oil’ en na ‘n uur met Pierre se aqueousroom en blomswaelmengsel.

33. VLIEë – Blommetjie Mix van Pierre se reeks produkte, Shoofly of Quadrepel vir honde en perde.

34. VLOOIE en BOSLUISE - Die heel beste op die mark is tans “Bravecto” vir honde en “Fiprotec” (Fipronil) vir katte, asook Advantage en/of Advocate. Daar is verskeie ander handelsname ook beskikbaar maar maak seker dat die middel wat jy gebruik, doeltreffende beheer sal verseker. Katte kan Omega 3 en 6 as aanvulling kry. Vermy items op supermarkte se rakke. Propyreper Shampoo van Pierre se reeks produkte is ook veilig.

35. WONDE – Gewone soutoplossing, 9 gram (2 gelykvol teelepels) sout op ‘n liter gekookte afgekoelde water word aanbeveel. Bedek daarna wond area met ‘rou’ heuning. Laai asseblief die hantering van wonde af as ‘n aparte leêr en stoor dit in jou Gesondheidsleêr op jou rekenaar. Vir BESMETTE WONDE kan Bactroban/Supiroban (peroksied 3%) opgesit word nadat dit met soutoplossing gespuit is.

36. WURMS / ONTWURMING – Milbemax, Antezole, Drontal of Triworm – vermy supermark items aangesien dit nie altyd effektief genoeg blyk te wees om alle wurms te dood nie.

Pierre van Niekerk © 2015
 
 
.