Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

OMLOPE

OMLOPE OP DIERE
Omlope is 'n swam of fungus wat hoofsaaklik op jong diere onder een jaar voorkom.
Ouer diere
Wanneer ouer diere omlope kry is daar ‘n probleem met hul immuunstelsel. Dit kan kos wees wat nie opgeneem word nie, stres van soorte en of n tekort aan belangrike minerale wees. Omlope is ‘n soönose en dit is aansteeklik ook vir mens. Mense wat met honde slaap is blootgestel aan hierdie fungus en dit smeer af aan klere, beddegoed, kamme borsels
Die swam lewe in keratien of buitenste lagie van die gasheer se haarwortels.
Kliniese tekens
Die tekens kan wees die verlies van hare in die vorm van 'n sirkel en korste op die vel. Die letsels jeuk nie werklik nie. Sekondêre bakteriese infeksie by die aangetasde deel sal veroorsaak dat die letsels jeuk.
Diagnose:
1. Die besmette plek word belig met n “Woodslamp” As dit positief is vir omlope, sal die letsel groen fluoresseer. Hare word daan aan die kante van die letsel gepluk en onder ‘n mikroskoop gesoek. Sou dit omlope is, sal die swam se spore soos druiwe gesien word. 'n Kultuur, dit is die groei van die organisme op spesiale groeimediums kan gemaak word.
2. Omlope genees gewoonlik sonder behandeling in 2 tot 6 maande.
3. Daar is verskeie middels wat op die vel aangewend word wat die verspreiding van omlope te voorkom. Goed soos sjampoe of rome.
4. Wanneer die produkte aangewend word, moet daar verkieslik handskoene gedra word om die risisko van soönose te verminder.
5. Sistemiese behandeling word meestal net gebruik vir katte. Veeartse sal ekstensiewe letsels en gevalle wat nie binne 4 weke van topikale behandeling verbeter nie sistemies dan behandel.
6. Katte kan draers van die fungus wees sonder dat hulle enige kliniese tekens wys. Indien daar omlope in een van die ander troeteldiere of eienaars uitbreek, word dit aanbeveel dat langhaar katte geskeer word, en alle katte in die huishouding topikaal asook sistemies behandel word.
Bronne
1. Ettinger S J & Feldman E C. 2000. Textbook of Veterinary Internal Medicine 5th Edition. W. B. Saunders Company, VSA.
2. Scott D W, Miller W H & Griffin C E. 2001. Small Animal Dermatology 6th Edition. W. B. Saunders Company, VSA.
 
 
.