Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Ontwatering/Dehydration

Ontwatering
ter inligting:
Dis krities dat enige siek dier nie ontwater nie - gebruik 
‘n skoon spuit wat ten minste 10-15 ml vloeistof kan hou en gee sowat 10ml elke 15-20 minute een van die volgende:
1. Maak 1 teelepel Marmite/Bovril/Oxo aan in 1koppie lou gekookte water. Na gelang van die gewig/
ouderdom van die hond, kan sowat 10 ml elke 15-20 minute agter in die keel stadig ingespuit word (sonder
dat dit in die longe beland).
2. Sou naartjie Energade/Powerade (energiekoeldrank) beskikbaar wees, kan dit tussenin gebruik word en al om die beurt met die Marmite water ingegee word.
3. Alternatiewelik kan ook elektroliete (9 gram/2 gelykÔÇÉ vol teelepels tafelsout op 1L lou vooraf gekookte water gemeng met 4 teelepels suiker) gegee word en / of
4. Darrows ‘solution’ ook tussenin toegedien word. Dit moet goed gemeng word en elke 15-20 minute
toegedien word met die spuit om die liggaam se krag op te bou.
5. As die naartjie koeldrank nie beskikbaar is nie, gee elke 20 minute ‘n vingerlek ‘rou’ heuning met die water in of sukrose. Onthou net dat suiker giftig is vir honde maar die maag se mikrobes benodig in die geval energie en dat dit baie belangrik is dat die afvalstowwe nie in die niere lewer en maag konsentreer nie, maar uitgeskei moet word.
6. Valoid pediatriese setpil kan toegedien word volgens gewig
.