Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

OORMYTE


Dit is belangrik om te weet dat dit nie pille en/of medisyne is wat ‘n dier gesond maak nie, maar die immuunstelsel.
Myte is hoofsaaklik ‘n immuungebrek sindroom.  ‘n Sterk immuunstelsel sal myte natuurlik onderdruk.  Myte kan die gevolg wees daarvan dat die troeteldier nie ‘n voldoende minerale en sink in- en opname het in die spysverteringskanaal nie.  Sink bevorder dermabsorpsie van belangrike minerale en vitamiene.
Immuungebreke kan ontstaan weens ‘n swak diëet en/of kosse wat nie verteer word deur die dier se unieke spysverteringskanaal nie.  Dit lei tot verhongering en dus tot die verswakking van die immuunstelsel.  ‘n Verswakte immuunstelsel reageer nie sterk en voldoende teen skadelike bakterie, swamme (“fungi”) en virusse nie.
Honde en katte is hoofsaaklik vleiseters en, in die Natuur veral, orgaanvreters van hul prooi.  Hul hanteer gluten in meelprodukte geredelik maar wanneer dit uit balans aangebied word, reageer vele troeteldiere heftig daarteen en reflekteer dit op hul velle en pelse.
Voorkomende optrede
•Ecohealth Animal Probiotics en Animal Shake is van die heel beste mineraal en vitamien aanvullings op die mark en sal alle tekorte in die nodige hoeveelhede aanvul om maksimale gesondheid te verseker.
• Sorg ook dat die dier ‘n kaiing of twee per dag inkry om vetoplosbare vitamiene wat in die liggaamsvet gestoor word, te ondersteun, veral by maer diere.  
Behandeling van myte op die pels
• Was die hond met ‘n natuurlike bosluis- en vlooimiddel soos “Propyrepet” sjampoe.  Dit is ‘n baie mens- en diervriendelike natuurlike insekdoder wat van Chrysanthemum plantolie gemaak word.  Dit bevat ‘n natuurike Piretiene as aktief.
• Índien nie moontlik nie, spoel die dier goed af met flou soutwater (9g wat +- 2 teelepels tafelsout is gemeng met 1L lou gekookte water). Dit behoort wonde om negatiewe bakterie sover moontlik te beheer.  
• Dit is belangrik om die Ph balans op die vel te herstel en ook terselfdertyd die vel te voed.  
• Olyfolie blyk baie suksesvol te wees en dit blyk dat dit hoogs effektief is om die vel te voed en ook die lywe van myte penetreer, wat blyk dat dit hul dan natuurlik versmoor (ongetoets). Die afleiding word gemaak dat olyfolie die waslagies van die asemhalingstelsels van myte (en ook kopluise) voldoende penetreer en meebring dat die asemhaling en longfunksies ontwrig word.
• Groot sukses hiermee is in fotos te sien op die Facebook blad, Pierre@Dieregesondheid.  
Praktiese Blomswaelmengsel
Smeer die volgende mengsel aan die hond twee keer per dag vir sowat ‘n week lank en daarna een keer per dag totdat dit gesond is:
• 250ml aqueousroom
• 100g blomswael
• 1 potjie sinksalf
• 100ml olyfolie
• 2 buisies Allergex/Anthisan of soortgelyke room
Meng alles goed deur en sit twee keer ‘n dag op seerplekke of wonde.
Ander praktyke
• Dectomax is ‘n langwerkende inspuitbare breëspektrum parasietdodende middel wat onder toesig en oordeel van jou veearts baie effektief gebruik kan word teen 1ml per dier vir 6 weke, 1 keer per week net onder die nekvel.  
• Die produk is nie geskik vir kollie- en skaaphonde nie en is dodelik vir hulle en hul kruisrasse.
• Revolution is in die handel hiervoor beskikbaar.
Behandeling in die ore
Peroksied (3%) kan gebruik word in drastiese gevalle.
10 druppels volume 10 (3%) in elke oor hou vas vir minuut of 2 en laat hom skud
Die Konserwatiewe roete is eerder as volg:
a. Gooi 3-4 druppels soetolie of olyfolie in die dier se oor en los vir sowat ‘n uur.
b. Gooi daarna Otikleen in die oor en los weereens vir sowat ‘n halfuur.  Die was en als behoort op die stadium sag te wees en baie van dit kan deur die hond uitgeskud word.
c. Gooi daarna Otomax in die oor of die middel wat jou veearts sal voorskryf.
Belangrikste
• Die dier se immuunstelsel moet opgebou word.  Pierre EcoHealth produkte wat op die Pierre@Dieregesondheid blad aanbeveel word, sal baie help met die bevordering van maagmikrobes se verteringsprosesse en noodsaaklike gesondheid van ensieme in die maag.
• ‘n Kaiing of twee per dag om oliegebaseerde vitamienes op te neem.
• RAW diëet.
• Glutenvrye kos waar nodig.
• Moenie dat vog in die ore vasgevang word met hare nie en sny by langhaar rasse die ore skoon sodat lug goed kan ventileer.
• Moenie die ore met materiaal kontamineer nie, oorinfeksies en myte is hoogs aansteeklik en moet voorkom word.
 

Pierre van Niekerk © 2015
 
 
.