Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Die pH se belangrikheid by mens en dier.


Dit is as vertrekpunt by mens- en diergesondheid, belangrik om te verstaan dat alle biochemiese prosesse deur die Ph vlakke in die liggaam beheer word. en dat die pH ‘n direkte invloed op elke metaboliese funksie in die liggaam, asook die gesondheid van elke orgaan van die mens en dier se liggaam.

Groot klem is die afgelope tyd geplaas op die rol van magnesium in die bloed en die gevolge van magnesiumtekorte op al metaboliese funksies van die liggaam.

http://drjockers.com/alkalize-your-way-to-amazing-health/

Die Ph Afkorting en getal

Die afkorting pH staan vir “Potensiële hidrogeen” of waterstof.  Die getal wat hieraan toegeken word, dui numeries die konsentrasie van waterstof-ione in die vloeistof, voedselsoort of produk aan wat gebruik word.

Belangrik om te verstaan

Die pH beheer die spoed van die liggaam se biochemiese reaksies wat dus die spoed van die ensiemaktiwiteite en die elektrisiteitsaktiwiteite (lewensenergie) van die liggaam beheer.

Dit sal makliker verstaan word as die volgende net vir nou aanvaar sal word as ‘n gegewe. Dit word later meer duidelik word in die skrywes.

“Hoe meer alkalies die inhoud van die produk is wat gebruik word, hoe hoër is die elektriese weerstand (lewensenergie) van daardie stof.

Hoër alkaliese opnames beteken dat lewensenergie (elektrisiteit) stadiger deur die liggaam beweeg.

Die rede? Omdat die elektriese weerstand ( lewensenergie) van alkaliese stowwe hoër is.

Die Ph Reguleringfunksies in die liggaam

Die pH is soos genoem, die afkorting wat potensiële hidrogeen (waterstof) veronderstel. Ons druk die pH van produkte uit as ‘n konsentrasie waterstof-ione. Ons doen dit soos volg op ‘n logaritmiese skaal.

    ‘n Ph = nul (0) =suur
    ‘n Ph = 7 word beskou as in balans
    ‘n Ph = 14 word beskou as alkalies (of basis) en
    H = versadiging

Ons het reeds genoem dat die pH beheer die spoed van die liggaam se biochemiese reaksies en dit word gevind in die resultaat in die meting van ensiemreaksies en elektrisiteitsvloei.

Dit beteken

    Hoe hoër die Ph, ▲ pH hoeveel te meer weerstand (elektriese of lewensenergie) is daar

    Hoe laer die Ph, ▼ pH = minder weerstand (elektriese of lewensenergie) is daar
    Suur pH = warm en vinnig
    Alkaliese pH = koel en stadig
    Hoe meer alkalies ‘n stof van aard is, hoeveel meer potensiaal is daar om meer waterstof-ione te absorbeer.
    Hoe meer suur ‘n produk is, soveel minder potensiaal is daar beskikbaar om waterstof-ione

In die praktyk is jy wat jy eet en drink en, wat jy vir jou diere gee om te eet. Of waarmee jy jouself smeer en was of of wat jy op jou diere se pelse gebruik ”

Mense kla hul is moeg. Uitgebrand en uitgeput. Gewelddadige optredes en gedrag. Woede word gevind by mense en diere wat nie normaal is nie. Watter waarskynlike rol ‘n suur pH hierin speel, is nie maklik bepaalbaar nie.

‘n Voorbeeld van ‘n “suur dieet” word gevind in baie koffie, hamburgers, stysel, suikerryke kosse en koladrankies, pizzas, want die liggaam se pH word direk beheer deur wat ons eet en drink en gebruik.

“Wat ons inneem of gebruik, bepaal wat pH sal wees” en dit sal ’n invloed hê op elke metaboliese funksies in die liggaam.

Die belangrikheid van die pH

Die pH die dryfveer is agter die liggaam se elektriese (lewensenergie) stelsel en intrasellulêre aktiwiteite.

    Die pH bepaal ook hoe effektief die liggaam ensieme, minerale en vitamiene gebruik en opneem.
    Die liggaam se pH-vlak is die direkte gevolg van wat ons eet en drink.
    Wat ons eet en drink, word direk met die werking van ons spysverteringstelsel verbind.
    Van die mond, deur die dunderm en tot by die kolon, speel die spysverteringstelsel die belangrikste rol van al die stelsels in ons algemene fisieke gesondheid.
    Hoe hierdie faktor gevoed, bestuur en verstaan word, is die kern van goeie gesondheid.
    70% van die immuunstelsel se funksies word in die dikderm vasgestel.

As die pH versteurd is in die bloed, uriene, slymvliese, maag, neus, vel, pels, hare, organe, sal skadelike organismes (bakterie) wat in daardie versteurde omgewing kan oorleef, die oorhand kry oor die balans wat daar veronderstel is om te heers.

Die pH van bloed en die Immuunstelsel

Die Duitse bakterioloog Guenther Enderlein het mikro-organismes ontdek in bloed en liggaamsvloeistowwe wat hy protiste genoem het en vandag bekend staan as die “Immuunstelsel.” Hierdie mikro-organismes floreer in bloedselle en die plasma van liggaamsvloeistowwe. Dit word ook in weefsel gevind waar dit in harmonie met die liggaam saamleef.

Hierdie mikro-organismes het ‘n simbiotiese of wederkerig voordelige verhouding met die liggaam as die pH van die liggaam in balans is.

BELANGRIK: Hierdie protiste, of mikro-organismes of immuunstelsel het ‘n interessantste karaktertrek.

Hul het die unieke vermoë om te verander om by hul omgewing aan te pas. Studies het gevind dat wanneer daar ’n verandering of agteruitgang in die liggaam se inwendige omgewing is (veranderings in die pH), hierdie mikro-organismes deur verskeie verskillende stadiums van sikliese ontwikkeling gaan, waar hul skadelose organismes vorder tot skadelike (patogene) bakterie of swamme, die organismes wat siektes veroorsaak.

Uit hierdie navorsing kon Guenther biologiese verklarings gee vir baie van die degeneratiewe siektes wat deesdae algemeen in die Westerse samelewing voorkom.

 Bloed se PH

Bloed word deur pH beheer. Bloed se ideale Ph meting word beskou as 7.3. As bloed buite hierdie ideale grense skuif, moet die mikro-organismes in die bloed (protiste) verander om te oorleef. Dit is dus ‘n eenvoudige begrip. Hul kom dan in derduisende oorlewingsvorme voor, oorkom die meeste verdedigingsmeganismes en veroorsaak dan self veelvoudige siektetoestande in die liggaam.

Protiste leef met hierdie meting in perfekte harmonie met die liggaam in ’n omgewing met ’n pH wat rondom 7.3 is.

Kom ons beklemtoon die feit: Wanneer die bloed se pH versteur word en buite hierdie grense beweeg, kan die protiste of mikro-organismes nie meer leef nie. Om te oorleef, verander hulle na ’n vorm verander weens die habitat waarin hul hulself bevind, waarin hul oorleef. Dit is dus hier waar siektes ontstaan. In die veranderende en nuwe vorme van mikro-organismes wat aggressiewe, parasitiese en skadelike (patogene) middels in die bloed word.

Dr Enderlein beweer daar is duisende van hierdie aangepaste vorms en heelwat daarvan is in staat om die liggaam se beskermingsmeganismes te oorkom, wat tot baie verskillende siektes aanleiding gee.

‘n Oormaat suur in die menslike liggaam

 As bloed se pH < > verander (groter of kleiner word) as 7.3, beteken dit ‘n omgewingsverandering. Die kolloïde (bloedmikrobes) in die bloed verander en dit kan dan indien dit so bly, patogenies word.

Opsommend, as die simbiose in die verhouding van bloed en sy mikro-organismes verander, kan patogene en dus erge siektes vorm in die bloed self wat verskeie verdedigingsorganismes kan oorkom.

Die versuring van die liggaam, wat veroorsaak word deur ’n ongesonde eet- en leefwyse, gee aanleiding tot ’n oorvloed van die  patogene wat die liggaam verswak. Dit manifesteer in vele vorme op die vel en in die liggaam en as dit nie reggestel word nie, tot die dood kan lei.

Bloed en die wetenskap

 In die mediese wetenskap is bloed voorheen as ‘n steriele entiteit beskou. Met kennis van siektes wat met bloedaanraking vorendag gekom het, is dit bewys dat bloed nie steriel nie. Ook is die bloedomgewing nie staties nie.

Die bloedomgewing kan verander en dit word hoofsaaklik deur dit wat mense eet en drink. Mikro-organismes, soos beskrywe in die bloed kan ook verander en is hierdie tipe van evolusionêre verandering oral in die Natuur te sien.

Voorbeeld

Melk wat buite die yskas in onverkoelde omstandighede geplaas word. Hoekom word dit suur?  Word dit suur omdat daar eksterne faktore is wat ‘n rol speel en as kiem in die melk kom?

Nee.

Dit word suur omdat melk reeds die mikrobes bevat, weens die veranderende bio-terrein aanpas om by sy nuwe omgewing aan te pas en daarin te oorleef wat reeds in die melk aanwesig was. Suur melk word gevorm om by die veranderde omgewing of bio-terrein aan te pas.

Die menslike liggaam streef daarna om die pH-vlak van die bloed rondom 7.3 te handhaaf. Bo of onder hierdie vlak kan die kolloïde in die bloed saamsmelt tot vorms wat nie noodwendig tot die liggaam se voordeel is nie. Dit kan in patogeniese of skadelike mikrobes verander omdat die pH-vlak verander het.

Die les van die pH-vlakke in die liggaam is die volgende. As mens kennis van die verskillende die pH-vlakke dra, van die in jou neus, bloed, maag, geslagsdele, weefsel en anale, is dit in staat tot fantastiese self-genesing.

Ph en die liggaam

Almal ken in elektrisiteit die term positief en negatief. Ook dat molekules positief en negatief gelaai is en ook pole en eienskappe het.

Bloed bestaan ook uit molekules uit. Soos die Ph bloed verander en meer suur word, trek dit vetsure aan wat gewoonlik elektromagneties negatief gelaai is, en skakel dit oor tot ‘n positiewe lading. Positief en negatief sal mekaar altyd aantrek en dit het die gevolg dat by bloed teen die wande van bloedvate wat negatief gelaai is, saampak.

‘n Samelewing wat nie in die kennis van sy burgers belê oor die gevare van hoë suurdiëte nie, (Verstaan jou eie Ph) en inligting en opvoeding verleen oor gemorskos, produkte met baie stysel en suiker nie, kitskosse soos hamburgers en pizzas , versoete gaskoeldranke en vele ander produkte moet verwag dat hartsiektes en lewensverliese deel van sy profiel sal wees.

Die  pH-Kontrole van die individu se liggaam beïnvloed elke enkele biochemiese proses in die liggaam, insluitend die honderde ensiemprosesse wat in die liggaam plaasvind.

Baie van die ensiemprosesse het n komplekse interaksie met mekaar om die liggaamlike masjien glad te laat werk. As bloed-pH buite balans is, kan hierdie komplekse ensiemfunksies  nie soos ‘n outomatiese ratkas perfek funksioneer of inpas nie.

Minerale se opname en die pH-Kontrole van die individu se liggaam

Die liggaam se minerale-inhoud en -balans beheer die hoeveelheid elektrisiteit in die liggaam.  Die spoed waarteen elektrisiteit vloei, word deur die liggaam se pH-vlak beheer.

Die opname van belangrike minerale word teen verskillende pH-vlakke deur die liggaam opgeneem.

    Minerale aan die laer kant van die atomiese skaal kan binne ’n wyer pH-reikwydte opgeneem word.
    Minerale hoër op die skaal vereis ‘n baie nouer pH-reikwydte om deur die liggaam opgeneem te word.

In ’n omgewing waar daar ‘n ongebalanseerde pH en toestand is, kan ’n mens ’n hoër voorkoms van skildklierprobleme verwag. Skildklierprobleme word met artritis, hartaanvalle, diabetes, kanker, depressie, oorgewig, moegheid en ander siektes verbind.

Dit ontstaan weens die uitputting van landbougrond en die verbruik van kos en produkte met ’n hoë suurgehalte. Mineraaltekorte is ’n groot probleem waarmee die hedendaagse mens te doen het.

Voorbeelde

Natrium en magnesium het wye pH-reikwydtes. Die reikwydtes word kleiner vir kalsium en kalium. Jodium, soos reeds bekend is, is een van die belangrikste minerale om die doeltreffende werking van die skildklier te verseker. Die skildklier kry slegs toegang tot jodium as die liggaam se pH in byna perfekte balans is.

Die verband tussen pH-balans en minerale

Die meganisme wat hierdie balans beskrywe word “pH-bufferingstelsels” genoem. Dit is ingewikkelde biochemiese prosesse wat voortdurend in die liggaam plaasvind in ’n poging om die bloed se pH so naby aan perfek as moontlik te hou.

Hierdie bufferingstelsels benodig ’n gesonde balans van minerale om funksioneel te wees en doeltreffend te werk. As die menslike en dierlike dieet ‘n ontoereikende minerale-opname verskaf, sal probleme met die persoon se pH-balanseringstelsels te ondervind word.

Wat is die gevolge van ‘n pH- wanbalans?

Noem enige siekte te vinde by die mens of dier, en jy sal vind daar is ’n wanbalans van die pH daaraan gekoppel kan word.

As jy nie goed voel nie, is die een faktor wat bo alles uitstaan jou liggaam se jou liggaam se pH. Kanker, artritis, diabetes, hartsiektes, chroniese moegheid, allergieë, obesiteit. Die opname en inneem van minerale kan dalk in vele opsigte meer belangrik wees as vitamiene.

Minerale is ko-ensieme. As minerale afwesig is, kan vitamiene nie hulle werk doen nie. Baie minerale word spoorelemente genoem, wat alles behalwe beteken dat hul van min waarde is.

Minerale se belang in enkele siektes.

    Deur die dieet met chromimum en vanadium aan te vul kan ’n mens diabetes help voorkom en is diabetes selfs al omgekeer, omdat vanadium glo in sekere gevalle insulien kan vervang.
    ’n Kopertekort is al aangedui in aneurismes (brein, aorties, ens). Te veel koper kan die brein irriteer.
    Magnesium is heel waarskynlik die belangrikste mineraal om die voorkoms van hartvatsiektes te verminder. (Die jongste navorsing wys dat hartsiektes eintlik ’n funksie van hartspierasidose, of ’n oormaat suur in die hartspier, is.)
    Boor help om kalsium in bene te behou, help vroue om estrogeenvlakke te handhaaf en help mans om testosteroon te behou. Boor affekteer wakkerheid en waaksaamheid. Boor help teen artritis.
    Kalium en magnesium (saam met organiese natrium of sout) is van die belangrikste minerale om die elektriese eienskappe van die sel te herbalanseer, om te veel suur te elimineer en om kalsium te help balanseer. Wanneer kaliumvlakke laag is kan mense irrasioneel optree.
    Magnesium help om elektriese boodskappe tussen al die neurone in die liggaam te gelei.
    Sink is betrokke in meer as 200 brein-ensiem-interaksies. Deur sink gemeng met gedistilleerde water te drink kan anorexia nervosa glo binne ’n dag gestop word.
    Sinktekorte kan tot ’n verlies aan reuk en smaak lei.
    Sinktekorte in kinders lei tot buierigheid, depressie, geïrriteerdheid, ligsensitiwiteit, uitbarstings en leerprobleme.
    Aandagafleibaarheidsindroom (AAS) kan in baie gevalle opgelos word deur spoorelemente te balanseer.
    Sigaretrook is ryk aan kadmium (die blou kleur in rook). Kadmium is die sterkste neurotoksien bekend. ’n Lae sink / hoë kadmium verhouding word met leerprobleme verbind.
    Sink is nodig om kadmium te balanseer.

Wanneer jou liggaam se pH en basiese metaboliese prosesse in wanbalans is, skep dit die inwendige omgewing wat ’n habitat verskaf vir die ontwikkeling van bakterieë, virusse, swamme ens.

 Die biochemiese prosesse agter pH-vlakke in die liggaam

Biochemiese prosesse lê die grondslag vir die liggaam se verrottingsprosesse. Dit is die proses van pH-verandering en verstelling op bloed- en selvlak. Kyk ’n bietjie na die proses van voedselmetabolisme en hoe jou liggaam die metaboliese neweprodukte van voedselinname hanteer.

Een van die neweprodukte van voedselmetabolisme is koolstofdioksied, ook bekend as koolsuurgas (CO2). Soos ons almal veronderstel is om te weet, is longrespirasie of asemhaling een van die maniere waarop die liggaam van koolsuurgas ontslae raak – dit gebeur elke keer wat jy uitasem.

Om egter van al die koolsuurgas ontslae te raak wat deur normale metabolisme gevorm word, sou die longe ’n asemhalingstempo benodig wat bo die van normale asemhaling is. Om hierdie verhoogde tempo vol te hou sou inderdaad baie moeilik wees.

Daarom moet ander meganismes intree om te help om van die oorskot ontslae te raak:

Die CO2 bind met ammoniak (wat gevorm is deur oksidasie of glutamien), verander in die lewer in ureum en word deur die niere uitgeskei. Die koolsuurgas bind met water deur ‘n proses wat die ko-ensiem koolstof-anhidrase en die ko-ensiem-mineraal sink gebruik. Deur hierdie proses word koolsuur gevorm, wat afbreek tot waterstof en atome/molekules van bikarbonaat.

Let op dat ons waterstof noem. Waarvoor staan die afkorting pH? Potensiële hidrogeen (waterstof. Wanneer ons van waterstof praat, praat ons van potensiële sure. Wanneer ons van bikarbonate praat, praat ons van basisse wat alkalies is.

Sure is ’n normale newe-produk van metabolisme. Die liggaam beskik oor die meganismes om van die sure ontslae te raak. MAAR slegte eetgewoontes, vlak asemhaling, te min of geen oefening, blootstelling aan gifstowwe ens., kan tot lewerstres en wanfunksie van die niere lei.

Die sure in die liggaam is nie altyd in staat om van die gifstowwe ontslae te raak nie.

Wat staan die liggaam te doen?

As die liggaam nie van die gifstowwe ontslae kan raak nie, moet die liggaam dit stoor.

Wanneer die liggaam ’n oormaat gifstowwe het waarvan dit nie ontslae kan raak nie, word dit gestoor vir latere verwydering. Waar? In die interstisiële ruimtes, ook genoem die ekstrasellulêre matrys – die ruimtes rondom die selle, die mesenchiem.

Wanneer die liggaam ’n waterstof molekule/atoom/proton (die suur) in die ekstrasellulêre matrys stoor, glo die liggaam dat die suur weldra verwyder sal word. Daarom, om in balans te bly, weet die liggaam dat vir elke suurmolekule wat in die weefsel gestoor word, ’n gelyke molekule van bikarbonaat of basis in die bloed geplaas moet word omdat dit weldra die suur uit die liggaam sal moet vergesel.

Dit is die liggaam se ongelooflike kompensasiemeganisme in aksie. Wat ons hier sien is die pH-interaksie tussen die bloed en die weefsel. As die liggaam met suur oorlaai is, stoor dit die suur in die weefstel (die weefsel se pH daal) en die bloed kompenseer en word alkalies (die bloed se pH styg). Is dit belangrik?

Ons is nou net besig om die oppervlak van die liggaam se verrottingsmeganisme te begin ontleed. Dit wat gebeur as die suur nie die geleentheid kry om die liggaam te verlaat nie, en dan in die menslike liggaam ophoop.

Die suur-mineraal monster

Wanneer ons na waterstof in die liggaam verwys, praat ons van potensiële sure.

    Bikarbonate – basisse/alkaliese stowwe
     Sure is ’n normale newe-produk van metabolisme

Soos meer suur in die liggaam opbou, word dit gestoor en verder die liggaam ingestuur, tot dit uiteindelik in die selle opeindig. Die eerste ding wat gebeur as die suur in die sel beland, is om daardie kalium, en dan die magnesium en natrium te vervang.

Die drie is kritieke minerale in die liggaam. Die kalium en magnesium sal die liggaam verlaat, maar die natrium sal behou word as ’n verdedigingsmeganisme.

Onthou, die liggaam weet dit moet ’n alkaliese molekule in die bloed plaas om die stygende suur wat in die selle en weefsel gestoor word, uit die liggaam te vergesel. Wat dit dikwels doen is,  DRAW.

KALSIUM  –  MAGNESIUM  –  KALIUM  –  NATRIUM

Hierdie vier minerale is die kontrolerende minerale vir die liggaam se simpatiese en parasimpatiese senuweestelsels. Die simpatiese senuweestelsel (SSS) help om die liggaam op aksie voor te berei en beheer ons ‘veg of vlieg’ reaksiemeganisme. Die parasimpatiese stelsel (PSSS) is betrokke by alledaagse liggaamsfunksies soos spysvertering, slaap en die uitskei van afvalprodukte. Dit werk soos volg:

    KALSIUM: Stimulerende mineraal vir die SSS.
    MAGNESIUM: Inhiberende of stremmende mineraal vir die SSS.
    KALIUM: Stimulerende mineraal vir die PSSS.
    NATRIUM: Inhiberende of stremmende mineraal vir PSSS.

Wanneer ’n suur toestand in die liggaam teenwoordig is, stimuleer ’n oormaat vrye kalium die SSS. Magnesium is nie beskikbaar om balans te gee nie. Kalium is uitgeput, so die PSSS word nie gestimuleer om die SSS te neutraliseer of teen te werk nie, en die SSS word eintlik verder geïnhibeer deur natrium, waaraan die liggaam nou vasklou weens die verlies aan kalium en magnesium.

Wat gee dit jou? ’n Mens wat suur is, moontlik geneig is daartoe om uit te vaar, hiperaktief te wees en gou kwaad te word, en besig is om uit te brand.

Soos suur in die liggaam opbou, word dit gestoor en na die weefsel gestuur. Die deel waarheen dit versprei word gaan tien teen een die deel van die liggaam of die orgaan wees waar jy probleme ondervind.

Die liggaam: ‘n Biochemiese proses

Die verandering wat weens ouderdom in mens en dier plaasvind, is n biochemiese proses. Siektes soos verkoue, griep, suikersiekte, kanker takel die liggaam af. Ouderdom en siektes, kinders wat groei, als is n biochemiese proses. Dit is in wese ‘n afbrekingsproses na die stof toe waarvan die Bybel praat.

Mikrobes begin hul lewensiklus as ‘n kolloïed. Dit ontwikkel verder deur vele biochemiese prosesse in virusse , bakterie en uiteindelik swamme en fungi.  In die Biologie word dit “Pleomorfisme” genoem. Dit is ‘n proses wat alle mikrobes kan ondergaan gegewe die regte omstandighede, klimaat , gegun die regte tyd en regte habitat.

Bloed het verskeie mikrobes wat in oorvloed voorkom wat ‘n invloed het op die pH-vlakke in die liggaam.  Wanneer die liggaam ’n molekule van oormaatsuur in sy selle stoor, sal die liggaam daarvoor wil kompenseer deur ’n ekstra alkaliese atoom/molekule in die bloed te plaas.

Dit bring mee dat bloed meer alkalies word.

    Bloed is die lewensrivier in die mens en dier se liggaam wat die vervoer van voeding, suurstof, afvalstowwe in die liggame hanteer en dit van en belangrike organe neem.
    Suurstof en bloed het ‘n unieke verskynsel. Met stygende alkaliniteit kan rooibloedselle hulleself met suurstof versadig.
    Die probleem met alkaliese of suurstofversadigde bloed is dat dit nie instaat is om suurstof vry te stel nie.
    Wanneer die bloed in die liggaam nie suurstof kan vrystel nie, kan die suurstof nie by die ander selle in die liggaam uitkom nie.
    Vele siektes groei en ontwikkel in ‘n omgewing en habitat waar daar ‘n tekort aan suurstof is. Kanker is onder andere ‘n voorbeeld van so n siekte wat in ‘n suurstofarme omgewing kan floreer.

Die gevolge

    Die biochemiese prosesse agter pH-vlakke in die liggaam veroorsaak dat ons alkaliese bloed het, omdat ons toenemend suur weefsel en selle skep met wat ons eet en drink en doen
    Ons het alkaliese bloed wat nie suurstof kan vrystel om die toenemende suur omgewing te verander nie
    Die liggaam word ’n suur omgewing met geen suurstof nie
    Watter siektes oorleef in ‘n anaerobiese fermentasie of fermenterende omgewing? Gis, skimmel en ook swamme, kanker.

Opsommend

    Wat is kanker anders as gistende fungi en swamme wat floreer in ‘n suurstofarme omgewing?
    ALLE MIKROBES sal aanpas om te oorleef in enige veranderlike omgewing
    Mens en dier is weens ouderdom gedurig besig om af te breek en dood te gaan. Dit begin met die een enkele molekule wat se omgewing verander, wat in die begin van hierdie skrywe as “Protis” geïdentifiseer is.

Pierre van Niekerk 2017 ©

Net bedoel vir algemene kennis en inligting en nie as enige studiestuk of verwysingsbron nie. Daar kan en mag ander interpretasies wees en staan die skrywes oop vir goeie ander inligting meer volledig.
 
 
.