Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

ROU VOEDING

‘n BEGINNERS GIDS tot ROU VOEDING
Almal het dieselfde vraag: ‘hoe begin ek?’, ‘wat presies moet ek voer?’, ‘hoeveel moet ek gee?’. Al te dikwels beskik ons nie oor die nodige informasie of selfvertroue om reg te kan begin nie en dis ongelukkig ‘n struikelblok in ons pogings om ons diere van ‘kibble’ af te kry, veral as jou veearts teen rou voeding is. Hier volg die gids wat aan alle ‘K9 Rescue’ diere-aannemers voorsien word deur ‘RawFedDogs’.
Indien jy ‘n begeerte het om te leer en jou kennis te verbreed, is daar regtig net ‘n paar vaste reels in troeteldier voeding. Niemand het al die antwoorde nie, nie die dierekos vervaardigers, die veeartse of selfs die diere voedingkundiges nie. Maar wat jy ook sal leer wanneer jy sien hoe jou dier se gesondheid verbeter, sy vel begin blink van gesondheid en sy lewenslus toeneem, is dat dit nie werklik saak maaknie. Net soos ons self nie wetenskaplik alles analiseer wat ons eet nie, is dit nie nodig om in soveel diepte ons diere se voeding te analiseer nie.
ROU VOEDING RIGLYNE
Die kernpunte om in gedagte te hou met rou voeding, is:
• Balans oor ‘n tydperk – een maaltyd het dalk meer beeninhoud, die volgende meer vleis of organe. Die persentasie wat jy probeer handhaaf oor ‘n week/maand is:
80% vleis, sening, ligament, vet
10% eetbare been (kan vervang met fyngemaakte eierdoppe)
5% lewer
5% ander orgaanvleis
• Vleis is hoog in fosfor, bene in kalsium. Wanneer vleis met 10% bene gevoer word, het jy die presiese hoeveelheid kalsium tot fosfor wat ‘n dier benodig. Heel prooi, vis, eiers en ‘tripe’ beskik oor ‘n gebalanseerde persentasie.
• Orgaanvleis hoort nie 10% van die algehele dieet te oorskry nie en 5% daarvan moet lewer wees (beeslewer het die hoogste voedingswaarde). Voer lewer een keer per week (of verskeie klein porsies per week) en probeer om ‘n organiese, vrylopende bron te vind indien moontlik aangesien die lewer verantwoordelik is vir die ontgiftiging van die liggaam.
• Indien varkvleis of ‘salmon’ gevoer
Notas:
- Die hoof maaltyd kan in die oggend of in die aand wees – in hierdie voorbeeld is dit soggens.
- Verander slegs die menu indien stoelgange reg is,anders hou by dieselfde voeding totdat dit reg lyk voor jy verder gaan.
- Wanneer jy nuwe vleis of orgaanvleis byvoeg, toets eers met nael-grootte porsies en hou stoelgange dop voordat jy dit stadig vermeerder.
- Wanneer jy eier byvoeg, toets eers met ‘n klein bietjie geklitste eier en hou stoelgange dop voordat jy dit vermeerder na ‘n hele eier. Eiers kan heel en as ‘n komplekse maaltyd gevoer word waar hulle self moet uitvind hoe om by die inhoud uit te kom. Soms moet jy ‘n klein gaatjie in die dop maak sodat hul die eier kan ruik en dit self uitwerk.
Onthou, jy mik vir:
80% vleis, sening, ligament, vet – kan ook hartvleis insluit
10% eetbare been
5% lewer
5% ander orgaanvleis
Dus, vir 375g kos per dag benodig jy:
300g vleis, sening, ligament, vet, hartvleis
37.5g eetbare been
18.75g lewer
18.75g ander orgaanvleis
Hierdie hoeveelhede hoef nie presies te wees nie, hou net in gedagte.
Mik vir verskeidenheid
• Rou bene is lewende vesel, saamgestel uit lewende selle en nes enige ander gedeelte van die algehele liggaam, is dit ‘n komplekse bron van biologies gebalanseerde minerale, veral kalsium maar ook koper, jodium, yster, magnesium, sink en mangaan. Dit is hoogs waarskynlik dat bene in ‘n hond se dieet ‘n soortgelyke rol speel as vesel, dit wil sê ‘n rol in die uitdy van kos, wat dus toksiese inhoud verwyder en algehele spysvertering gesondheid bevorder. Die maklikste manier om gebalanseerde kalsium te voorsien is om vleiserige bene te voer wat ongeveer 10% eetbare been bevat – soos rou hoender, heel of half of kwart, met miskien ‘n bietjie ekstra vleis by om op te maak daarvoor dat die karkas geprosesseer is (bv. die binnegoed verwyder) – ‘n heel ‘supermark’ hoender word beskou om 33% been te bevat, met party gedeeltes hoër in been inhoud (soos die vlerkies, 46%) en ander laer, soos die been-in
 
 
.