Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Spirocera lupi

 Spirocera lupi: “The Silent killer”
Spirocercosis word die toestand genoem wat deur wurm “Spirocera lupi” veroorsaak word. Hierdie wurm lewe in die nodules van die oesophagus ( Ook genoem die gullet) wat ‘n gedeelte is van die hond se spysverterinstelsel, ‘n gedeelte tussen die maag en die mond.

Nodules is klein gewassies wat natuurlik in die liggaam voorkom. Hierdie wurms kan tot 2 jaar lank oorleef in hierdie gewassies, waar hul eiers lê en dit klein openings van die gewas uitskei, waar dit in ‘n hond se mismonster vasgestel kan word.
Miskruiers, (Coprophagous beetle) wat so ‘n belangrike funksie in die Natuur speel, neem hierdie Spirocerca eiers in met die mis wat hul verwerk. Die eiers ontwikkel in die miskruier na ‘n L1 stadium, (wat die eerste larfstadium is). Honde word op hierdie metode besmet wanneer hul die miskruiwers eet. Hierdei miskruiers word gemiddeld 6 mm groot .
Dit is NIE hierdie wonderlike groot miskruiers wat ons in die algemeen ken nie.
Ontwikkeling
Nadat die hond die miskruier geëet het, ontwikkel die wurm in die maag van die hond. Hierdie wurm boor dan deur die maagwand , veroorsaak enorme pyn en ongemak in die maag en beweeg na bloedvate rondom die maag van die dier.
Hierdie wurmlarwes migreer opwaarts binne die wande van die bloedvate, waar hul binne weke deur beweeg om by die aorta, die hoofslagaar wat die hart verlaat uitkom. Hier doen hul enorme skade omdat hul die wande van van die aorta verswak en daardeur ‘n anerisme veroorsaak.
Jong volwasse wurms, wat gewoonlik in stadia L3 en L4 is, migreer direk dan na die oesophagus, wat baie naby aan die aorta lê. Hierdie wurms kan ook na die rugstring toe migreer. Binne die oesophagus, vorm hierdie wurms nodules binne die oesophagus se wande, waar hul eiers lê en hul lewensiklus van voor af begin.
Tekens
Simptome en tekens is nie baie duidelik en spesifiek nie. Omdat die wurmlarwe migreer deur die liggaam se wande en ook vatplek kry in nie-fuksionele nodules wat in die liggaam voorkom. Gewigsverlies, naarword, en ook “retching” die aksie om op te gooi sonder om te vomeer.
Hierdie nodules kan ook in knaker omskakel. Abnormale migrasie van die wurm kan ook verlamming en neurologiese versteurings veroorsaak. In laat stadiums kan daar ook n verdikking in die voorbene wees.
Skielike sterftes kan voorkom. Omdat die jong wurms skielike skade aan die aorta en daardeur anerismes veroorsaak. Omdat die skade wat hierdie wurm veroorsaak permanent is, skielike sterfte aan die aorte kan steeds gebeur nadat die wurm van die dier se liigaam verwyder is. Dit is egter skaars omdat die Literatuur bewys dat dit eerder in die vroeë migrerende stadiums
Spirocera lupi is bekend as die “Laksman” , die “Sniper” of “Silent killer” omdat daar baie min uiterlike tekens is dat die hond siek is.
Volwasse “Spirocerca lupi” is helder rooi wurms, die manlike wurms is sowat 40 mm lank en die wyfies sowat 70 mm lank. Dit het n baie komplekse lewensiklus, wat ‘n finale stadia, ‘n intermediëre en dan ‘n parateniese stadia in ‘n gasheer het.
(‘n Parateniese gasheer is een waar geen verdere of geen ontwikkeling in plaasvind nie.)
Die finale gasheer van hierdie wurmparasiet is die hond. Die intermedieêre gasheer is byvoorbeeld die miskruier. Parateniese gashere sluit ‘n verskeidenheid van lewende organismes in. Hierdie organismes dra by tot die vespreiding van die wurm. Paddas eet die miskruiers, verskeie akkedissoorte, verskeie voëlsoorte, rotte en muise. Alles organismes wat honde vang, eet en jaag.
Honde word dus deur die roete geinfekteer wanneer hul hierdie organismes eet.
Behandeling
Wurmmiddels wat fokus om die wurm dood te maak in sy larwe stadia, asook binne in die nodules is die beste wat die wetenskap tans het. Wanneer kanker ontstaan het, is behandeling heel anders.
Tans is Advocate van Bayer beskikbaar, om hierdie wurm effektief te stop. Weeklikse toedienings behoort dit te stop in gevalle waar dit bevestig is. Dit is egter n geval waar jou veearts n belangrike rol speel om hierdie dodelike wurm te behandel met spesialis behandeling.
Voorkoming is beter as beheer.

Pierre van Niekerk
 
 
.