Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

URIENE EN REUKSINTUIE VAN HONDE


Inleiding.

Die Pierre @ Dieregesondheid Facebook blad het vele vrae opgelewer rakende urienreuke en urienmerke op matte in huishoudings wat in die proses onhigiëniese toestande skep. Daar is letterlik duisende vrae hieroor.

Wat sou tog die redes hiervan wees waarom troeteldiere dit doen? Die tweede vraag hieroor is, is die mens nie dalk die skuldige in die proses nie? Vele diere word onskuldig weens hul goeie reuksintuie verkeerd verstaan en uit die huis verban, selfs weggegee.

1. Koms ons bestudeer die feite en ondersoek dan wat die diere-eienaar moet weet van hierdie gedrag om die probleem aan te spreek en op te los
2. Waarom Pierre @ Dieregesondheid ‘n reeks huishoudelike laat ontwikkel het om dierlike uitskeiding aan te spreek.

Miskien die heel belangrikste wat moet gebeur is om die mens in sy troeteldiere se gedrag bloot te stel aan die wetenskap wat hierdie diergedrag en reaksie oor waarom. Want miskien is dit die begin van die probleem en uitdaging se oplossing.

Enkele feite van honde se reuksintuie:

• Honde se breine is sowat 1/10de van die grote van ‘n mens se brein
• Die gedeelte van die brein wat met reuke deel, is sowat 40 keer groter as die menslike brein
• Die mens het tussen 5 -6 miljoen reuk-reseptore
• Die hond het afhangende van die ras, tussen 125 miljoen en 300 miljoen reseptore
• Wat meebring dat hul reukvermoë tussen 1000 en 10 miljoen, (10 000 000) keer groter is as die mens se reukvermoë.
Waarom is honde se neuse nat?

Die mukus op ‘n hond se nat neus is daar om partikels van goed wat reuke afgee vas te vang om te identifiseer. Dit is so sensitief dat dit die reuke wat kanker en suiker, angs, hoë bloeddruk en vele ander aktiwiteite in die menslike liggaam op klein skaal afskei wanneer dit gebeur, op te vang en te identifiseer.

Hoe ruik mense vir honde?

Ongeag al die was en seep en parfuum wat die mens gebruik, stink die mens nog steeds baie erg vir jou hond. Elke mens het ‘n reukvoetspoor. Dit is gewoon al wat ‘n hond nodig het om mense te onderskei van ander.

Jy is in werklikheid vir jou diere, die reuke wat jy as persoon afskei. Die mens skei konstant reuke uit en af van die kuiltjie onder hul arms, hul asem en baie sterk reuke deur hul klere van hul geslagsdele. Die grootste orgaan van die menslike liggaam is vol sweetgaatjies en kliere wat soute en ander afskeidings 24-uur ‘n dag uit en afskei.

Die menslike vel

Die vel versamel ook ‘n verskeidenheid van bakterie uit die omgewing deur stof, aanraking, sit, slaap, vadoeke, waslappe, toilette. Die menslike vel is 24 -uur van die dag n groot mikroskopiese wriemelende aktiwiteit waarteen die menslike liggaam stry en baklei en met sweet, vog van die omgewing en afskeidings van kliere reageer.

“Sebaceous glands “ is eksokriene kliere wat ‘n wasagtige en olierige vloeistof konstant afskei, ook sebum genoem. Dit is om die soogdier se vel en hare waterdig te maak en te bevog en die gesig bevat meeste van hierdie kliere. Sebum word ook in handpalms en voetsole afgeskei en staan ook as “holokrien” bekend.

Die Literatuur oor die menslike vel bewys dat die mens 24-uur van die dag besig om sy vel te  vernuwe en los daarmee ‘n vlokkie of “velvoetspoor” van sy beweging. Sebum sorg vir interaksie en reaksies met die omgewing se afskeidings.  

Sou mens fyner kon sien, sou jy rondom elke mens ‘n fisiese stofwolk waarneem soos wat die mens elke minuut sowat 50 miljoen vlokkies van sy dooie vel afskei. Dit verbind met duisende bakterie en word hierdie vel ook n voedselbron vir mikroskopiese organismes wat in ons beddens, matte, klere, gordyne en sitkamerstelle lewe. Die mens is in werklikheid dan ‘n vel-sneeustorm elke minuut van sy lewe.

Hierdie vel, met die Biologiese rykdom van bakterie wat daaraan vaskleef, word deeglik deur die hond geruik en waargeneem.

Die feit is dus die volgende. 

Die een wat in werklikheid stink, is die mens. Nie soseer die hond nie. Die mens se maniere, gedrag, reuke, sy higiëne, huisskoonmaakpraktyke, kospraktyke, toiletmaniere en gebruike, die materiaal in die huis en matte stimuleer sy optrede en gedrag tot urinering.   

Die hond en reuke
Honde lees die hele wêreld rondom hom deur sy neus, en nie soseer deur sy oë en ore nie. Reuke interesseer hom omdat dit hom baie stories in prentjies vertel van die omgewing waarin hy bly

Hierdie nuwe konstant-veranderlike reuke word deeglik deur die hond se sensitiewe reuksintuie geruik en reuke speel ‘n belangrike rol in honde se gedrag en motivering. Literatuur en verskeie navorsing wil dit hê dat honde angs en vrees kan ruik, reuke wat die menslike liggaam afskei met verhoogde hartkloppings, selfs hartseer.

Studies bewys dat honde verskillende reaksies het by die “Veg of Vlug” afskeidings van hulself en ander diere. Menslike reaksies soos bo genoem, stuur informasie na die reuksintuie van die hond wat vir hom vertel van die toestand waarin die mens en ander diere verkeer. Die mens mag met ‘n glimlag sy toestand verdoesel, maar sal dit nie regkry met sy hond nie.

Honde wat mekaar ruik

Groet vind aanvanklik in die gesig plaas, maar soos almal al waargeneem het, ruik hul graag die genitale dele en anus. Daardeur leer hul baie meer van mekaar as wat dit op die menslike oog af sigbaar is. Wat dit presies als is, is nie altyd seker nie. Mens kan sekerlik spottende daarna verwys as al die skinderstories van ‘n ander. Ruik wat ‘n ander geëet het, gedoen het en ook waar hul was.

Die verskille tussen die mens en die hond se siening van die wêreld waarin ons lewe
‘n Baie groot deel van misverstande wat tussen die mens en honde ontstaan, is weens die feit dat mense nie verstaan dat ‘n hond se leefwêreld word sy neus gevorm. Die mens se leefwêreld deur sy oë.
• Die mens vorm sy wêreld eers deur sig, dan gehoor en dan reuke.
• Die hond eers deur reuke, sy gehoor en dan sig.

 Wanneer die hond asem inasem, is sy neus so ontwikkel dat die lug twee duidelike paaie volg. Een na die sensoriese gedeeltes van sy neusholtes. “Olfaction” en die ander gedeelte deur die farinks na die longe vir suurstof.
Honde se reukvermoë is van so aard dat die reuke kan optel in gedeeltes van triljoene. Daar is vele verhale van die neuswonders van honde.

Tweede sensoriese gedeelte
Bykomend tot honde is ‘n tweede sensoriese gedeelte wat baie diere eienaars gryshare gee.  Die Jacobson ‘s orgaan wat in vele reptiele, amfibiese diere, die mens en ander soogdiere gevind word, wat ook as chemiese reseptors bekend staan. ‘n Voorbeeld hiervan is slange wat muise en rotte se spoor volg. Die Jacobson ’s orgaan is klein sakkies wat aan een of beide kante van die neus se septum voorkom.

Die belangrikheid van die Jacobson ‘s orgaan is dat dit feromone wat afgeskei word optel. Dit is die chemiese stof wat uniek is tot elke dier wat geslagsrypheid en seksuele gereedheid adverteer.

Honde se reaksie op feromone

Honde is territoriale diere. Vele klein diertjies, soos stofmyte, vlooie, ander organismes wat in skeure, krake, matte, kaste bly skei feromone af. Hul is gedurig aan die voortplant. Feromone bedreig honde se domein en ruimtes wat aan hulle behoort en daarom merk en hermerk hul die  gebied wat aan hulle behoort af. Sal dit oor en oor doen.
 
Honde se urienmerke is dus nie net oor swak huismaniere nie. Dit gaan ook oor huishoudings wat nie die beste van huis-higiëne toepas in die was van matte en banke en ander plekke waar vele mikro-organismes huisves en in floreer.

Slot
Daar kan baie meer oor reuk, reuksintuie geskryf word. Hierdie basiese beskrywing verduidelik waarom ‘n unieke reeks produkte ontwikkel is wat fokus op vlekke, vette, proteïne in die uriene, suur, bakterie en virusse in die uitskeidings. Bloed veral by kraam en operasies asook ander gevalle.

Huishoudelike algemene produkte slaag nie heeltemal in die vraag na ‘n oplossing vir die probleem wat honde se reuksintuie hul eienaars meebring nie.
Dit is die begin van hierdie studie om antwoorde vir eienaars te bring. Nog produkte in hierdie verband kom.  

Daar sal sekere langs die pad verskeie veranderinge gemaak word in die formules hoe meer mens leer in die proses.
 
 
.