HOES (KENNEL COUGH) – “Canine infectious tracheobronchitis”
Dit klink erg maar dit is nie ‘n vreeslike erge toestand nie. Meeste honde herstel sonder dat hul behandel word. Net die volgende hieroor:
Honde en katte, net soos in die geval van mense, het verskeie virusse en bakteriums wat die respiratoriese organe aantas. Dit het verskeie oorsake. Die bakterium “Bordetella bronchiseptica” is meestal die oorsaak. Dit is waarom die toestand ook “Bordetella” genoem word.
Wanneer honde hierdie toestand het, is hul meestal ook geinfekteer deur ‘n virus wat die gestel aanval en uitdaag en honde en katte meer vatbaar maak vir die “Kennel cough”, wat hul vatbaar maak vir al die ander viruses soos Parvo, Distemper, Andeno, Herpes,Reo en Parainfluenza virusse.
Honde word besmet met die “kennel cough” bakterie en ook ander virusse wanneer hul dit inasem en dit op die asemhalingstelsel gaan vassteek in die sinusse en slym van die lugweë, wat die partikels vashou.
Daar is verskeie faktore wat ‘n rol speel by “kennel cough” en wat hul immuunstelsel verswak en die larinks en trachea van die longe beïnvloed.
Swak ventilasie in hul slaapplekke of waar hul bly soos in kennels, koue temperature, sigaretrook is baie, baie gevaarlik vir honde se asemhalingstelsels, reis- of “travel-induced” stres en stowwerige toestande kan dit ook vererger.
Behandeling en/of voorkoming van “Kennel cough”
1. Die toestand is aansteeklik. Hou jou honde weg van ander honde.
2. Antibiotika wat die bakterium sal aanval en die regte hoesmedisyne.
3. Gebruik eerder n harnas as om die hond aan ‘n leiband te laat loop – dit sal die hoes verminder terwyl ‘n leiband sy respiratoriese stelsel sal wurg.
4. Met ‘n goeie immuunstelsel en goeie kos, behoort ‘n hond in sowat 3 weke te herstel, ouer honde kan selfs tot 2 maande neem.
5. Die toestand kan lei tot longonsteking.
6. Indien die hond nie eet nie, lusteloos is, vinnig asemhaal en soortgelyke simptome toon, moet jy dadelik na jou veearts toe.
Slegs bedoel vir algemene kennis en inligting, daarom word Literatuur nie aangehaal nie.
Gee Vit B co (geen ander medisyne), Protexin, ‘rou’ heuning. Veearts kan dalk Sinulox voorskryf vir lugweg infeksie. Efazol is hoog in Zink en kan daagliks gegee word.
Pierre van Niekerk © 2015