Helfte groente en helfte rou vleis, 50:50 gemaal – groente kan met ‘n bietjie plein wit ongegeurde Griekse ‘full/double cream’ jogurt gemeng word.
Vleis hoender vlerkpunte
hoender magies
hoender koppe (breek net die bekke van die hoenderkoppe af)
hoender pote
lewers (lewer net +- 3 keer/week
afval
pankreas
longe
enige iets anders ook soos wildsvleis
kalkoen
beeslewer (nie meer as 2 keer ‘n week)
ROU bene
Koop nekkies, hartjies gizzards, giblets en lewertjies in pakkies by die supermarket (kos +-R25/pakkie).
By die ‘frozen foods’ is hoender afval te koop … een is gemerk ‘tripe’. Party mense stoom groente en alles saam in stoompot vir ‘n paar minute.
Groente (gewas!): Aartappels en patats – kook met skil en al en maak fyn – pasop vir groen aartappelskille, dis GIFTIG! Aartappels MOET gekook word, rou is ‘n “no-no”.
Groente kan met ‘n bietjie plein jogurt gemeng word.
Griekse of Bulgaarse jogurt – eetlepel of twee per dag, vermeerder as magie nie lekker is nie (Griekse jogurt is meer gekonsentreerd as gewone jogurt en bevat meer probiotikas ook).
Die volgende groente kan jy rou gee:
o Gekapte pietersielie
o Alfalfa sprouts
o Fyn gerasperde wortel, skil en al (stukkies gewaste/gevriesde wortel is ‘n lekker ‘treat’)
o Fyn gerasperde Zucchini
o Enige ander sagte skorsie, pitte skil en al
o Kropslaai en ander ‘mixed greens’
o Bell peppers – groen rooi oranje geel pers
o Fyn gerasperde beet (moenie skrik as urine of poef pienk is nie)
Die volgende groente moet verkieslik ‘n bietjie gestoom word:
o Groen ertjies
o Groen boontjies
o Broccoli (nie te dikwels nie)
o Spinasie (baie selde)
o Blomkool
o Harde winter ‘squash’ (pampoen)
o Enige ander harde groente wat nie gerasper of gepulveriseer word nie
Sit rou groente – nadat dit deeglik GEWAS is – in ‘n voedselmenger met ‘n klein bietjie plein wit ongegeurde Griekse of Bulgaarse ‘full/double cream’ jogurt en maak dit fyn. Die fyn konstituensie moet wees soos die inhoud van ‘n bees se maag.
Stoom net effe gaar om van salmonella ontslae te raak – jy kan geur met vleissous van jou tafel af.
VERMY: rou aartappels, uie en knoffel in enige vorm (vernietig rooibloedselle), avokado (bevat ‘persin’), druiwe en rosyntjies (veroorsaak nierversaking), Macadamia neute rou of gerooster (veroorsaak spier-bewing (‘tremors’), verlamming van agterlyf), sjokolade (hierdie lys is nie volledig nie – doen jou navorsing!).
VERMY: groente hoog in oksaalsuur (“oxalic acid”), ‘n bestanddeel wat inmeng met die kalsium absorpsie. Hierdie sluit in spinasie, “Swiss chard” en “rhubarb”.
Onthou om na die kombinasie van proteien en vet te kyk. Hierby voeg jy Protexin oor die kossies, Blue Liquid van Bayopet/Pet Tab Forte of Efazol in die drinkwater.
Afbreking het altyd te doen met verrotting. Verrotting het te doen met gasse. Gasse wat uitgeskei moet word en as die magies hard is, hersirkuleer hierdie afvalgasse weer deur die bloed en lewer en beland weer in die dermkanaal wat afvalstowwe in die vorm van mis moet uitskei. Dit is en word later gekonsentreerd en dit word al hoe meer giftig, wat elke orgaan in die ligaam beïnvloed.
Pampoenskille, aartappelskille en skorsieskille absorbeer baie van hierdie afgebreekte stowwe en afval en bind daaraan en maak die maag se inhoud grof en moeilik kompakteerbaar. Genoegsame water en die goed wat die maagmikrobes se werkinge verbeter, woel met alles in die maag, absorbeer alles wat moontlik opgeneem kan word en sit dit deur die osmotiese prosesse.
Honde met velprobleme moet aanvullings bykry: sink, sulfaat 30C en Silicea 30C. Onthou om na die kombinasie van proteien en vet te kyk. In die silica se plek gee elke dag ‘n brazil neut saam met kos fyngemaak (goedkoop en maklike bron).
Jou hond se gesondheid het altyd te doen met die gesondheid van die bakterie in jou hond se maag want die afvalstowwe wat deur die lewer en milt en longe en wie weet wat/waar afgebreek/benut is, beland in die derm wat dit moet uitskei. Honde kry nie met die moderne kosse genoeg “roughage” in nie, dit is verfynde kosse en hulle lieg plein botweg. Dis nou in leketaal verduidelik. Onthou nou net, as die derm nie genoeg sink het nie, neem hy nie voedingstowwe op nie.
As die bloed nie voldoende magnesium het nie (die voertuigies in bloed) neem hy ook nie genoegsaam die kos na plekke nie en as ‘n dier nie ‘n vetjie het nie, word niks gestoor nie en alles word uitgeskei.
Onthou – ‘n hond met ‘n stink asem se maagmikrobes “bid en skree” vir Protexin en ruvesel, soos wat jy kry in die RAW dieet met rou vleis.
Kaiings help met dıe absorbsıe van vıtamıene en mınerale – jy kan dus vir groot honde so 2-3 kaiings gee elke dag, kleintjies soos Yorkies net een 2-3 keer per week.
Waarom vet of kaings in die dieet:
KAIINGS: Sny die vet in blokkies van so 2cm elk. Gooi net so in ‘n dikboomkastrol op lae hitte sonder enige water en braai stadig uit tot lekker ‘crispy’ en bruin – roer elke nou en dan. Gooi kort kort die vet af, maar moenie dit weggooi nie want jy kan dit ook weer gebruik in die woefe se kos. Vra slagter vir sagte vet – en asseblief geen sout op woefe s’n nie!
Primêre vitamiene word in die Literatuur beskou as Vitamien A, D, E, K, C en Vitamien B kompleks. Van hierdie groepe vitamiene is Vitamien A, D, E en K “fat soluble” of vetopneembare vitamiene, terwyl Vitamin C en B kompleks wateropneembare vitamiene is.
Die vetopneembare vitamiene word in spesiale vetselle gestoor, wat “lipocytes” of liposiete genoem word, terwyl wateropneembare vitamiene nie in die liggaam, behalwe in baie klein hoeveelhede, gestoor word nie.
Vetopneembare kan toksies raak met ‘n oormaat inname van hierdie vitamiene. Dit kan selfs toksies wees vir diere as die liggaam dit in oormaat moet stoor. Daarom, matigheid asseblief!
Wateroplosbare word deur die uriene uitgeskei en daar is geen bewys in die Literatuur dat wateroplosbare vitamiene enige dier ooit skade aangerig het nie.
Beide hierdie vitamienes is uiters noodsaaklik vir mens en dier. Diere wat nie die nodige vet inneem wat gunstig in die liggaam as natuurlik ontvang word nie, kan dus nie noodsaaklike opnames maak van Vit A, D, E en K nie.
‘n Tekort aan sink sal ook veroorsaak dat voedsel nie absorbeer word nie en nie in die liggaam se strukture opgeneem word nie. Ook veroorsaak dat die dier weens sy onvermoë (‘n tekort aan vet) nie die nodige vetoplosbare vitamiene stoor en opneem en tydig gebruik nie. Dit beteken ‘n gedurige honger dier wie se immuunsisteem hiermee onder druk geplaas word.
Laastens, maar nie die minste nie – geen droë hondekos is volledig nie. Dit is n foefie. Bestudeer die behoeftes van jou dier se verteringstelsels en die ensieme en bakterie in die maag en wat ‘n dier in werklikheid is. Nie ‘n verfynde mens nie, maar in wese steeds ‘n aasdier wat heel eerste – as hul kan – hul prooi se organe sal eet, soos die milt, lewer, longe en maag, waarin al hierdie behoeftes vasgevang is.
Geskatte grootte van RAW porsies vir honde
1-5kg Yorkshire Terrier 3% 30g – 150g
5-10kg Jack Russell 3% 150g – 300g
10-15kg Staffordshire Terrier 3% 300g – 450g
15-20kg Border Collie 3% 450g – 600g
20-25kg Airedale Terrier 3% 600g – 750g
25-30kg English Bulldog 2.5% 652g – 750g
30-35kg Labrador 2.5% 750g – 875g
35-40kg German Shepherd 2.5% 875g – 1kg
40-45kg Rottweiler 2.5% 1kg – 1.12kg
45-50kg Malamute 2.5% 1.12kg – 1.25kg
50-55kg Boerboel 2.5% 1.25kg – 1.4kg
55-60kg Bullmastiff 2.5% 1.4kg – 1.5kg
60kg + Newfoundland 2.5% 1.5kg +