Anale sak siekte word veroorsaak deur verstopping of infeksie van kliere genoem anale kliere wat gevind kan word weerskante van die anus.  Dis die mees algemeenste siekte in die anale omgewing by honde.  Die anale sakkies is verwant aan die reukkliere in muishonde en produseer ‘n klein hoeveelheid stinkende vloeistof.  Die vloeistof word normaalweg uitgedruk tydens ontlasting.  
Klein tipe honde is meer ingestel op anale sak siekte – groter tipe honde word baie min affekteer.  Anale kliere kan verstop raak, infeksie kry, absesse of kanker veroorsaak.  Daar is verskeie oorsake van verstopte anale kliere, insluitend die mislukking van die sakkies om suksesvol uitgedruk te word tydens ontlasting, swak spiertonus in oorgewig honde en oormatige afskeiding van die klier.  Indien die inhoud van die sakkies nie gereeld uitgedruk word nie, kan dit bakteriële groei tot gevolg hê en veroorsaak dat die sakkies vatbaar is vir infeksie en/of inflammasie.  
Die anale kliere van ‘n hond
Die tekens van probleme met anale kliere hou verband met die pyn en ongemak wat gepaardgaan met sit.  Die hond mag sy agterstewe skuur op die grond, lek of byt in die ongewing van die anale kliere of pynlike ontlasting met ooreising ondervind.  Indien die kliere beïnvloed is kan harde massas gevoel word in die area waar die sakkies is.  Wanneer die sakkies infeksie of absesse het, is erge pyn en verkleuring van die area gewoonlik sigbaar.  Oop stukkies weefsel kan gesien word van sakkies met absesse wat deur die vel kan skeur en ‘n wond veroorsaak.  Gewasse kan ook teenwoordig wees in die sakkies.  
‘n Rektale ondersoek sal deur ‘n Veearts gedoen word om anale sak siekte te diagnoseer.  Addisionele toetse mag nodig wees indien infeksie of ‘n gewas vermoed word.  Jou veearts kan dikwels die verstopte anale kliere per hand uitdruk en as die materiaal in die sakkies te hard of droog is, sal die veearts ‘n versagtende middle in die sak toedien.  
Indien infeksie teenwoordig is, sal antibiotika moontlik voorgeskryf word.  Jou veearts mag warm kompresse aanbeveel indien ‘n abses (infeksie) teenwoordig is.  Addisionele vesel kan ook aanbeveel word om die ontlasting grootte te vermeerder sodat dit die anale sak kompressie en uitdrukking kan aanhelp.
Indien behandeling nie suksesvol is nie of die probleem word te dikwels ondervind, kan die anale kliere met ‘n operasie verwyder word.  ‘n Algemene nadeel van hierdie operasie is dat dit fekale inkontinensie veroorsaak maar dit is gewoonlik tydelik van aard.  
Pierre van Niekerk