Dit begin by die gehalte en gesondheid van die bakterie en mikrobes en ensieme binne hul
spysverteringstelsels. Enige produk, of antibakteriese of antibiotiese produk wat toegedien word wat
hierdie ensieme se werkinge beperk en of ontwrig, plaas jou dier se gesondheid op risiko.
Antibakteriese of antibiotiese produkte kan nie onderskei tussen goeie en slegte organismes nie.
Daar is twee hoofgroepe ensieme in jou dier se spysverteringstelsel;
1. Metaboliese ensieme: Metaboliese ensieme funksioneer met die herstel van selgesondheid van
organe is soos longe en lewer, hart en niere, die milt en pankreas en natuurlik die vel. (Sien laaste
punt.)
2. Verteringsensieme: Spysverteringsensieme werk hoofsaaklik in die spysverteringstelsel van jou
dier.
Daar is hoofsaaklik 4 belangrike ensieme in die dier se spysverteringstelsel. (Ek los die Engelse
beskrywings hiervan, ter wille van die wat die ensiem wil gaan Google.)
1. Protease – helps break down and digest protein
2. Amylase – helps break down and digest carbohydrates and starches
3. Lipase – helps break down and digest fat
4. Cellulase – helps break down fiber
Jou dier se gesondheid begin by hierdie ensieme, omdat hierdie ensieme die vermoë van die
spysverteringstelsel ontsluit om vitamiene en minerale in die liggaam te kan opneem.
Wat gebeur as diere se “Digestive enzymes” of spysverterings ensieme in die maag en dermkanale
ontwrig word?
1. Die liggaam gaan neem/ steel belangrike metaboliese ensieme weg van organe soos die
lewer, longe hart en niere, asook die vel, om kos te verteer omdat dit ‘n hoë prioriteit is in
die oorlewingsbehoefte van die dier se liggaam.
2. Dit plaas die immuunsisteem onder druk en maak dus die dier vatbaar vir vele siektes.
3. Dit bring onvoltooide vertering van voedsel mee en veroorsaak dat gedeeltelik verteerde
partikels van die kos direk in die dier se bloedstroom opgeneem word vanuit die groter
ingewande.
4. Die liggaam op sy beurt reageer negatief teenoor hierdie onverteerde partikels en hierdie
veroorsaak in vele gevalle die rede waarom diere nie maksimale gesondheid geniet nie.
Hoekom is ensiemtoevoegings en bewarings vir jou diere belangrik?
Omdat ensieme in elke lewende sel gevind word en speel kardinale rolle in elke lewende sel van die
liggaam. Ensieme is klein proteien-partikels wat direk funksioneel is in die liggaam se metabolisasie,
energie produksie, detoksifisering en miljoene ander biologiese prosesse in die liggaam.
Ensieme is nie net belangrik in die spysvertering van jou diere nie. Dit is ook belangrik vir die
volgende funksies in jou diere se liggaam;
1. Die immuunsisteem
2. Die opname van vitamiene en minerale in die liggaam
3. Normale liggaamsgewig en voorkoming van “cravings” of kos behoeftes
4. Bevorder gesonde en ‘n funksionele asemhalingstelsel, bloedvatstelsel
1. 5 Verminder kleinere voedselsensitiwiteite
5. Bevorder normale selfunsies en groei en herstel daarvan
6. Bevorder gesonde tande en tandvleis
2. 8 Bevorder gesonde cholesterolvlakke
3. 9. Voorkom “bloating”, gasse, winde, hartprobleme en konstipasie
4. 10. Bevorder velgesondheid en herstel velprobleme en velirritasies
5. 11. Help met die voorsiening van energie
6. 12 Voldoende opnames van voedsel en nutriente
7. 13 Detoksifiseer die liggaam
8. 14 Beter beweging van gewrigte en ander ledemate.
Wanneer iemand vir jou n aanbeveling maak met medisyne, of aannames wil rugsteun met
Literatuur, lees weer hierdie stuk. Lees die pamflet en dink bietjie wat dit aan jou dier se ensieme
(gesondheid) maak.
Raadpleeg ook ander wat omgee wat jy doen. Gebruik medisyne net op kundige aanbeveling en
neem dan verantwoordelikheid vir die stille skade wat jy doen om dit ook te herstel
Pierre van Niekerk.

2 Responses

  1. Thanks for these awesome article
    My Yorkie of 2.5 years is on your senior health pores food.
    He weighs 5.5kg and walks at least 5km per week.
    He likes table treats,must we stop this?
    Also is it OK to do a winter cut on him in the summer
    Thanks very much
    Blessings
    Nita

  2. Hello Nita
    Table treats are not always good for their health as the salt is not good for them. Yorkies are also prone to diabetes. You are welcome to have a look at our Treats for Paws or Liver Treats as a healthier alternative. You are welcome to give a winter cut in the summer, dogs feel the heat through their paws so the length of their hair does not affect them. In fact their fur protects them from overheating.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *