Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

Rooi Gis (Red Yeast)


Rooi gis (‘red yeast’), ‘n tipe gis/swam ook bekend as ptyrosporin, pityrosporum of malassezia, ontwikkel in die klam omgewing rondom jou hond se oog wanneer hy te veel trane produseer of probleme ondervid met traan dreinering.

Terwyl hierdie gis natuurlik p die vel verskyn, laat die gedurige klammigheid dit toe om meer te gedy as wat normaalweg sou gebeur. Soos die naam aandui, vlek ‘red yeast’ die pels ‘n rooierige kleur en veroorsaak vel irritasies en ‘n onaangename reuk.

Terwyl behandeling van die gis sal help om die vlekke en irritasies te elimineer, sal dit nie die probleem oplos nie – dit gebeur as gevolg van jou dier se oormatige traan produksie of onvermoë van die traankliere om behoorlik te funksioneer. Sonder om hierdie probleem op te los, sal die gis voortgaan om weer tevoorskyn te kom en te sweer, selfs al behandel jy die infeksie met antifungale middels of medisinale vooraf geweekte oogdeppers.

Epiphora
Die oorsaak van rooi gis is ‘n toestand bekend as ‘epiphora’, waarin die trane van jou dier se oë gedurig oorspoel op die pels in sy gesig.

Sommige honde word gebore met oorerflike probleme met hul traankliere, wat behoorlike dreinering van die trane deur die neus en keel bemoeilik. Ander produseer oormatige trane as gevolg van irritasies wat veroorsaak word deur bakteriële oog infeksies of oog wimpers wat in die oë groei.

Hierdie hare krap die binnekant van die oog wat lei tot rooiheid, inflammasie en trane. Maar dit maak nie saak wat die probleem is nie, jy sal jou veearts moet besoek om die oorsaak van die toestand te bepaal; anders sal jy permanent probleme ondervind met traan vlekke and rooi gis.
 
 
.